Leeus by Singapoer-dieretuin doen koronavirus op

Asiatiese leeus by die Night Safari-uitstalling by die Singapoer-dieretuin (Foto: Handout/Mandai Wildlife Group/AFP)

Vier leeus by ʼn dieretuin in Singapoer het positief getoets vir die koronavirus ná hulle in kontak was met bewaarders wat die siekte onder lede het. Hulle simptome sluit hoes en nies in, het beamptes Woensdag gesê.

Die bedreigde Asiatiese leeus het oor die naweek simptome begin toon en beamptes het besluit om hulle vir die koronavirus te toets.

Die katte en vyf ander by die Night Safari-park is in isolasie geplaas, het die plaaslike veeartsenydiens gesê.

“Die leeus is egter steeds op en wakker en aktief,” sê Sonja Luz van die Mandai Wildlife Group, wat die park bestuur. “Ons verwag dat hulle met geringe behandeling ten volle sal herstel.”

Drie bewaarders het ook positief getoets vir die virus. Die park is ʼn opelug dieretuin met honderde diere en verwelkom besoekers in die aand.

ʼn Afrika-leeu by die Singapoer-dieretuin, wat langs die Night Safari-uitstalling geleë is, is ook siek. Toetse sal ook op dié leeu gedoen word.

Luz sê die kans dat die virus van diere na mense oorgedra sal word, is baie laag. Die Singapoer-dieretuin en Night Safari bly oop alhoewel die leeuhokke tydelik vir besoekers gesluit is.

Verskeie leeus, tiers en gorillas het al by dieretuine in die VSA positief getoets vir Covid-19. Honde en katte het ook al vantevore positief getoets.

Singapoer beleef tans sy ergste uitbreking sedert die aanvang van die pandemie met tussen 2 000 en 3 000 nuwe gevalle elke dag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Mathys ·

As ‘n papaya in Afrika iewers met die PCR toets Covid kan kry, watter soort funksie gewin navorser sal nie homself kan verbeel dat ander spesies dit nie ook kan kry nie, ek meen watter funksie het daardie virus dan nou eintlik ingewin, jy weet?

Johan ·

Tanzaniê….n hoender ook, waarna hul die CHINESE toets Lab die trekpas gegee het. Twee goed is bitterlik gevaarlik een is Medisie wat vrees verkoop en die twede is politici wat magsmal is.

Barney ·

Met ń fals positief HIV toets wat die WHO gestop het en geen geïsoleerde virus nie? Ek is so moeg vir die leeuns.

Dirk Mostert ·

Net isolasie nie genoeg nie. Maskertjies dra en pootjies was. En ventilators.

MARELIZE ·

Papajas ook.

Die vraag bly, wanneer ‘n navorser se hipotese telkens anders bewys word, is die hipotese verkeerd of is die metode verkeerd?

Maklik om aanmekaar die metode te verander, te manipuleer, om ‘n hipotese te forseer. Terwyl die logiese tog is om te aanvaar – die hipotese is verkeerd.

Is die PCR toets betroubaar?

Toy ·

Hete wat gaan aan in die siek wereld. Die mens is die mees vernietigende wesens.

Misky ·

“Singapoer beleef tans die ergste uitbreking sedert die aanvang van die pandemie”….. maar ek sien dat 85% van hulle ten volle ingeent is. Nou wat nou?

Heinrich ·

Maar was die leeus of die papayas ingeënt? Dit moes dan die leeus gewees het wat die hele Singapoer aangesteek het met die nuwe Lion variant…

Zombie ·

Nou is die simptome minder ernstig en die hospitalisasiefrekwensie is laer. Ek was onder die indruk dat almal dit weet en dat almal darem al ń basiese begrip oor die werking van inentings het.

Misky ·

Julle albei mis die punt. Indien die vaccine so ‘wonderlik’ werk soos beweer word, moes die positiewe gevalle baie minder wees en minder mense in hospitale. Gaan lees gerus, dit is nie die geval nie en die land is tans die ergste vanaf pandemie begin het

Johan ·

Zombie die basiese begrip is dat dit nie werk nie. Dis magsvergrype deur onderandere medici, wens die dokters wil net hul werk doen en hul monde toehou. Laat die politici praat want niemand luister vir hulle nie, dis toe die dokters begin vrees verkoop wat die “pandemie” skielik uit niks opspring.

Alida ·

Moenie vergeet van die duisende nertse in Nederland en Skandinawië wat ook covid opgedoen het nie en miljoene nertse is as gevolg daarvan vankant gemaak – ongeveer 1 miljoen in Nederland en 17 miljoen in Denemarke . Daardie variant wat die nertse opgedoen het, kon wel na mense toe versprei word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.