Leeus ontsnap uit Nairobi-wildtuin

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Paar leeus het Vrydagoggend uit die Nairobi-wildtuin in Kenia ontsnap en is glo op vrye voet in die hoofstad.

Kenya Wildlife Service (KWS) het ʼn waarskuwing aan inwoners gestuur dat ʼn trop leeus op vrye voet is en dat hulle op die uitkyk moet wees en wildbewaarders in kennis moet stel indien hulle die leeus gewaar.

Wildbewaarders is op soek na die leeus, wat laas in Langata gesien is.

Paul Udoto, woordvoerder van KWS, het intussen op Twitter bevestig dat een leeuwyfie en haar twee welpies weer aangekeer is en dat twee ander leeus op hul eie weer terug is in die wildtuin. Dit is egter nie duidelik of daar nog leeus op vrye voet rondloop nie.

Udoto het aan ʼn ma bevestig dat sy haar kinders eerder binneshuis moet hou totdat hulle kan bevestig dat al die leeus aangekeer is.

Inwoners word gemaan om nie die diere seer te maak nie, maar net aan te meld waar hulle opgemerk is.

KWS versoek die publiek om hulle te help in die soektog. Persone kan tolvry 0800 597 000 of 0800 221 5566 skakel indien hulle die leeus gewaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wat-ek-lees ·

As jy ooit ‘n leeu wil vang; in die dag of in die nag; gooi sout op sy stert en wag . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.