Leeuwelpie uit ‘haglike omstandighede’ gered

King, die eenjarige leeuwelpie was as ‘n “eksotiese troeteldier” aangehou is. (Foto: ANA/Born Free)

ʼn Eenjarige leeuwelpie wat vroeër vanjaar uit ʼn woonstel in Parys, Frankryk, gered is waar hy onwettig in “haglike omstandighede” in ʼn hok as “eksotiese troeteldier” aangehou is, is teruggebring na sy natuurlike omgewing in Suid-Afrika.

Ná ʼn geslaagde appèlaansoek sal die internasionale natuurlewe-liefdadigheidsorganisasie Born Free aan dié welpie, wie se naam King is, lewenslange sorg bied in die Big Cat Rescue Centre in die Shamwari- private wildreservaat in die Oos-Kaap.

King het sy reis begin by ʼn dierereddingsorganisasie in België op 5 Julie. Vanaf België het hy saam met die Born Free-span na Heathrow Lughawe in Londen gereis, waar hy ʼn vlug na Afrika gehaal het. Ná nóg ʼn kort vlug het King uiteindelik in Port Elizabeth geland waarna hy na sy nuwe tuiste in Shamwari vervoer is.

“Ek is seker daar gaan glimlagte op talle gesigte wees vandag! Soveel mense het reageer op ons poging om King na Shamwari te verskuif, en nou is hy hier! Dankie aan elkeen wie se hart geraak is deur sy storie. Hy kan nou sy eerste tree op Afrikagrond gee en sy gelukkige nuwe lewe hier begin. Mag dit ʼn lang en vreedsame een wees!” het Virginia McKenna, medestigter van Born Free, gesê.

King, die eenjarige leeuwelpie was as ‘n ‘eksotiese troeteldier’ aangehou is. (Foto: Facebook via Pompiers de Paris)

Shamwari is al 20 jaar die huis van Born Free se twee Big Cat Rescue-organisasies. Joe Cloete, die

King, die eenjarige leeuwelpie was as ‘n ‘eksotiese troeteldier’ aangehou is. (Foto: Facebook via Pompiers de Paris)

Shamwari-groep se algemene bestuurder, het gesê hulle is verheug daaroor om King by hulle te hê.

“Om King by ons te verwelkom is vir ons baie hartroerend. Ons strewe daarna om ons gaste op te voed wanneer dit kom by die belangrikheid daarvan om in harmonie met die natuur en wilde diere te leef,” het hy gesê.

Die hartseer storie van King voordat hy gered is, onderstreep die lot van miljoene wilde diere oor die wêreld wat as eksotiese troeteldiere aangehou word.

“Born Free is gekant daarteen om wilde diere as troeteldiere aan te hou. Wilde diere, ongeag of hulle uit die vrye natuur geneem is of in aanhouding geteel is, het ongelooflik komplekse sosiale, fisieke en gedragsbehoeftes en is daarom baie vatbaar vir lyding wanneer hulle as troeteldiere aangehou word,” het Born Free gesê.

“Dit is verstommend dat só ʼn geval steeds in Europa in 2018 kan plaasvind. Ons is bekommerd dat King se geval net die seekoei se oortjies is, en dat ʼn groot aantal wilde diere onwettig as troeteldiere aangehou word, in Europa en elders in die wêreld. Die situasie moet dringend aangeraak word, en ons hoop dat King se storie – sy lot, sy redding en sy herplasing – bewusmaking oor die kwessie kan bewerkstellig,” het Born Free gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johanna ·

Wonderlik. Dankie aan almal betrokke. Welkom terug King. mag jy lewenslank gelukkig wees in jou nuwe tuiste.

nico k ·

Ek wonder net altyd. Pappegaaie wat vir jare aangehou word in ‘n kou. Is daar ‘n verskil?

Cherokee ·

Ek stem saam met jou nico. Mense hou groot papegaaie aan in hokkies nie veel groter as die voëls. Het gesien dat iemand ‘n kaketoe in ‘n klein hokkie aangehou het en laat sit het op ‘n stokkie so dun dat sy voete inmekaar getrek was van die vasklou. Vir haar, winkeleienaar, gesê om ten minste ‘n besemstok te gebruik en toe die dierebeskermers daarvan laat weet. Weet nie hoe kan mense voëls wat kan vlieg aanhou in klein hokkies of hul vlekvere knip en hulle dus ground. Dieremishandeling.

not in wonderland ·

Shamwari is goed vir diere. Was daar en ‘n belewenis.

Lauren ·

Ek is baie bly hy is gered uit sy omstandighede, maar ek wonder hoe lank gaan hy lewe voordat stropers hom hier beetkry vir muti?? Reservate is nie meer die veilige hawe vir die diere nie.

Muti ·

Lauren,stem saam met jou.
Kwessie van tyd voor dié dier ook gestroop word van/ vir sy pote of kop! Niks en niemand meer veilig in SA.

Rena ·

Ek juig ook saam, maar kan nie gaan kyk hoe dit met King in haar nuwe blyplek gaan nie, wat van n foto of video op YouTube of hierby waar ons almal wat in ander lande bly ook kan saamloer en bly wees daaroor

M'Lady ·

Rena, jy kan na Dan Richardson se face book bladsy gaan. Alles oor King is daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.