Legendariese akteur oorlede

Mickey Rooney Foto: NBC Los Angeles

Mickey Rooney Foto: NBC Los Angeles

‘n Videogreep van Mickey Rooney as “Gus” in “Night at the Museum” volg onderaan die berig. Mickey Rooney, wie se lang Hollywood-loopbaan as ʼn kinderster in die 1930s begin het, is in die ouderdom van 93 oorlede, het die media in Amerika Sondagaand berig.

Rooney was glo ʼn geruime tyd lank siek. Die vermaaklikheidswebwerf TMZ het nie ʼn bron gemeld nie, maar gesê Rooney is aan natuurlike oorsake oorlede.

Hy het in 2006 saam met Ben Stiller in die rolprent “Night at the Museum” verskyn en onlangs ook saam met Amy Adams en Jason Segal in “The Muppets” in 2011.

Hy het saam met Audrey Hepburn in “Breakfast at Tiffany’s” verskyn en saam met Elizabeth Taylor in “National Velvet”.

Hy het oor 80 jaar in meer as 200 rolprente gespeel.

Hy was agt keer getroud. Hy word oorleef deur sy vrou Jan, en nege kinders.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

Rus in vrede, wat ‘n besonderse hoë ouderdom om te behaal !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.