Legendariese musikant sterf ná hy van trappe afval

Jim Rodford. Foto: Facebook via Maggie Clarke.

Die legendariese baskitaarspeler van die rockgroepe The Kinks en The Zombies is Saterdag dood ná hy van ʼn stel trappe afgeval het.

Jim Rodford is in die ouderdom van 76 oorlede.

Telegraph.co.uk  berig dié voorval het slegs dae ná sy laaste optrede plaasgevind. Hy het pas teruggekeer na Engeland ná sy laaste kort toer in Florida saam met die Zombies. Sy laaste verhoogoptrede was 14 Januarie.

Rod Argent, hoof van The Zombies en Rodford se nefie, het op Facebook gesê: “Dit is met diep hartseer dat ek uitgevind het my nefie en lewenslange vriend Jim Rodford is dood ná hy van trappe afgeval het. Meer besonderhede is nog nie bekend oor die oorsaak van sy dood nie.”

Argent het gesê toe hy en Colin Blunstone, die groep se hoofsanger, oor die nuus gepraat het, het Blunstone gesê “niemand het nog ooit iets slegs van hom gesê nie”.

Die lede van die groep The Kinks het ook hul hartseer oor die nuus uitgespreek. “Dit is met diep hartseer dat ons moes hoor Jim Rodford is oorlede. Hy sal baie gemis word; ons almal was baie lief vir hom.”

The Zombies was veral bekend vir liedjies soos Time of the Season en She’s not there.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

snoefie ·

as n mense op 76 nog n NEFIE is, wanneer word jy n neef? rus in vrede Jim Rodford.

Anoniem ·

Die gebruik van “nefie” vir sy neef van gevorderde jare dui vir my op deernis en die mooi band wat daar tussen hulle was.

Marianne ·

Nefie Jim ek salute jou om op 78 nog te kan rock!!! Mag jy Stairway too heaven speel, terwyl my vie die res, die Baan Bou….

Daan Erasmus ·

Kan iemand ‘n link gee na hul bekende treffers. Hul klink bekend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.