‘Leier’ van $60 miljoen se aanlynslenters vas

Argieffoto

Argieffoto

Die beweerde leier van ʼn internasionale organisasie, wat verantwoordelik is vir duisende aanlynslenters, is Maandag deur Interpol, met die hulp van die Nigeriese owerhede, in hegtenis geneem.

Die organisasie het vermoedelik duisende mense uit meer as $60 miljoen bedrieg. Interpol het gesê die verdagte is ʼn 40-jarige Nigeriese man, bekend as ‘Mike’.

In een geval is ʼn slagoffer glo uit meer as $15,4 miljoen bedrieg. Die organisasies het glo onder meer e-posse met skadelike sagteware besmet en aan klein tot medium-grootte ondernemings regoor die wêreld gestuur. Ondernemings en individue in onder meer Australië, Kanada, Indië, Maleisië, Roemenië, Suid-Afrika, Thailand, China en die VSA was slagoffers van die organisasie.

Omtrent 40 swendelaars in Nigerië, Maleisië en Suid-Afrika het vir ‘Mike’ gewerk. Interpol vermoed hulle is deur ʼn netwerk van kontakte in China, Europa en die VSA bygestaan met teikens.

Die man is Maandagoggend in die suide van Nigerië in hegtenis geneem. Hy staan tereg op verskeie aanklagte wat met kuberkraak, sameswering en die insameling van geld onder valse voorwendsels verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lynette ·

Die flippen lae luise . Dit is nie reg nie . Hulle pick onskuldige mense en roof hulle soft stories . Mag hulle brand in die he’ll

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.