Leonard Nimoy oorlede

George Takei het die foto op Facebook gedeel.

George Takei het die foto op Facebook gedeel.

Die akteur Leonard Nimoy, wat veral bekend was vir sy rol as Mr. Spock in Star Trek, is in die ouderdom van 83 jaar oorlede.

The Telegraph berig dat Nimoy oorlede is aan chroniese obstruktiewe lugwegsiekte nadat hy onlangs in die hospitaal opgeneem is vir borspyn. Sy vrou Susan het bevestig dat hy Vrydagoggend by sy huis in Los Angeles oorlede is.

Die Amerikaanse pres. Barack Obama is een van talle wat intussen medelye betoon het na Nimoy se afsterwe. “Lank voordat dit ‘cool’ was om ʼn bleeksiel te wees, was daar Leonard Nimoy. Leonard was ‘n lewenslange vriend van die kunste en geesteswetenskappe, ‘n ondersteuner van die wetenskappe, vrygewig met sy talent en sy tyd … Ek en Michelle mis hom vandag saam met sy familie, vriende, en talle ondersteuners .”

George Takei, wat saam met Nimoy in Star Trek verskyn het, het op Facebook sy medelye uitgespreek. “Die wêreld het vandag ʼn wonderlike man verloor en ek het ʼn wonderlike vriend verloor. Ons gee jou nou terug vir die sterre Leonard.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.