The Telegraph berig dat Nimoy oorlede is aan chroniese obstruktiewe lugwegsiekte nadat hy onlangs in die hospitaal opgeneem is vir borspyn. Sy vrou Susan het bevestig dat hy Vrydagoggend by sy huis in Los Angeles oorlede is.
Die Amerikaanse pres. Barack Obama is een van talle wat intussen medelye betoon het na Nimoy se afsterwe. “Lank voordat dit ‘cool’ was om ʼn bleeksiel te wees, was daar Leonard Nimoy. Leonard was ‘n lewenslange vriend van die kunste en geesteswetenskappe, ‘n ondersteuner van die wetenskappe, vrygewig met sy talent en sy tyd … Ek en Michelle mis hom vandag saam met sy familie, vriende, en talle ondersteuners .”
George Takei, wat saam met Nimoy in Star Trek verskyn het, het op Facebook sy medelye uitgespreek. “Die wêreld het vandag ʼn wonderlike man verloor en ek het ʼn wonderlike vriend verloor. Ons gee jou nou terug vir die sterre Leonard.”