Lesotho bevestig eerste Covid-19-geval

(Foto: Brian Inganga/AP)

Lesotho het Woensdag sy eerste Covid-19-geval bevestig.

Nkaku Kabi, die minister van gesondheid, het slegs gesê die pasiënt is ʼn burger van ʼn Midde-Oosterse land, maar nie bekend gemaak van watter land hy afkomstig is nie. Hy het positief getoets tydens lukrake toetsing in die hoofstad Maseru.

Die persoon is asimptomaties. Kabi het nie verdere besonderhede verskaf nie.

Slegs Wes-Sahara, wat nie as ʼn land deur die Verenigde Nasies beskou word nie, maar ʼn lid is van die Afrika-Unie, het nog nie ʼn koronavirus-geval bevestig nie.

Die kontinent het sowat 70 000 Covid-19-gevalle en 2 403 sterftes tot dusver, aldus die AU.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.