Lesotho se eerste minister betrek by ‘moord’ op vrou

Thomas Thabane, Lesotho se eerste minister.

Die eerste minister van Lesotho, Thomas Thabane, word beskuldig van betrokkenheid by die moord op sy vervreemde vrou twee jaar gelede.

Lipolele Thabane is doodgeskiet terwyl sy en ʼn vriend twee dae voor haar man se inhuldiging op pad was huis toe.

Luidens mediaberigte het Lesotho se polisiehoof, Holomo Molibeli, dié bewering in hofdokumente gemaak waarin hy die eerste minister se pogings om hom af te dank, beveg.

BBC het berig die hofstukke bevat onder meer ʼn afskrif van ʼn brief, wat Desember verlede jaar gedateer is, wat die polisiehoof aan Thabane geskryf het.

In die brief sê Molibeli: “Die ondersoek wys daar was telefoniese kommunikasie op die misdaadtoneel ter sprake … met ʼn ander selfoon. Daardie selfoonnommer behoort aan jou.”

Thabane het sy vrou se moord in sy inhuldigingstoespraak as “sinneloos” bestempel.

Die egpaar was sedert 2012 van bed en tafel geskei en was gewikkel in ʼn uitgerekte egskeiding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

K P ·

Dit is maar soos dit gaan in Afrika.
Niemand is vreeslik verbaas

George ·

Net in Africa, kyk wat gebeur noord van die Lipompo Riviera.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.