Lewendige haai in Florida-swembad gevind

Argieffoto van 'n swartpunthaai ter illustrasie Foto: AFP/AFP/GETTY IMAGES

Argieffoto van ‘n swartpunthaai ter illustrasie Foto: AFP/AFP/GETTY IMAGES

Natuurlewebeamptes probeer steeds vasstel hoe ʼn haai in ʼn swembad by ʼn meenthuiskompleks in Florida beland het.

Die South Florida Sun Sentinel het berig beamptes van die Florida Vis- en Natuurbewaringskommissie is na die Mariner’s Cay-kompleks in Hypoluxo ontbied nadat ʼn vrou die 1.5 meter lange swartpunthaai in die swembad aangetref het.

Nicole Bonk het aan die beamptes gesê sy het gesien hoe twee jong mans van die swembad, wat naby die kuslyn geleë is, weghardloop. Die beamptes het die haai uit die swembad gehaal en hom weer in die see teruggeplaas.

Volgens Bonk het die twee seuns gaan visvang en die haai as ʼn grap in die swembad gegooi. “Hulle het die haai in die swembad gelos om dood te gaan. Ek dink hulle is vreeslike kinders, want dit is dieremishandeling,” het sy gesê. “Ons het probeer om hom te red, maar hy het dit moontlik nie gemaak nie. Hy het skaars beweeg ná die trauma. Ons het ons bes probeer om hom te red.”

Kringtelevisiebeeldmateriaal van Mariner’s Cay word ondersoek.

Swartpunthaaie is een van die algemeenste spesies in die suide van Florida.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

DPJ ·

Wat sal ondeende seun nog nie aanvang nie? Hulle moet egter ‘n les hieruit geleer word.

Griki ·

Dis nie ondeund om ‘n haai uit die see te haal en in ‘n chloorbehandelde swembad te gooi nie. Dis dieremishandeling en misdadig. Ondeund is om iemand ‘n poets te bak wat nie skadelik of nadelig is nie.

Berhalet Beukes ·

Dis net ontstellend dat hierdie kinders min respek vir ‘n wilde dier het. Ek hoop hulle word ordentlik gestraf sodat hulle nooit weer so onnadenkend en nalatig optree nie!

Bach ·

Opskrif moet meer spesifiek wees want ons het in SA ook ‘n Flodida.

Ig ·

Ek glo nie hulle bedoeling was om die haai dood te maak nie .Dit was gewone kattekwaad.

Elize Roets ·

Jy kry so baie kinders wat diere mishandel.. hierdie breek my hart dat hulle n wilde dier wat in see water moet wees in vars water gaan sit het… hulle het presies geweet wat hulle doen en dit is niks minder as reg dat hulle gestraf word nie… want hoeveel ander diere los hulle nie ook so vir die dood nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.