Lewenslank vir ma wat kinders vermoor

Argieffoto

’n Ma van Duitsland is Donderdag lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op haar vyf kinders.

Die 28-jarige ma, wat as Christiane K. identifiseer is, het September verlede jaar vermoedelik haar kinders in die bad verdrink of versmoor.

Die vyf kinders, twee seuns en drie meisies, was tussen een en agt jaar oud.

’n Sesde kind, ’n 11-jarige seun, het oorleef en is in ander familielede se sorg geplaas. Hy was ten tyde van die moorde by die skool.

Die kinders se liggame is op hul beddens in die familie se woonstel in Solingen in Wes-Duitsland aangetref. Hulle was elkeen in ’n handdoek toegedraai.

Maroela Media het vroeër berig Christiane is ná die ontdekking van die kinders se liggame tussen twee treinspore by die Düsseldorf-treinstasie gevind. Sy het probeer om selfmoord te pleeg deur voor ’n trein in te spring. Iemand het haar gered voordat sy haar planne kon deurvoer.

Volgens die aanklaers in die hof het Christiane uit woede opgetree nadat sy ‘n foto van haar vervreemde man met ‘n nuwe meisie gesien het.

Die aanklaers het in die hof aangevoer sy het op ‘n aanlynkletsplatform vir hom gesê hy sal nooit weer sy kinders sien nie.

Aanklaers het ook in die hof gesê dat sy medikasie by die kinders se ontbytdrankies gemeng het om hulle slaperig te maak, voordat sy hulle vermoor het.

Christiane het ten tyde van die hofsake daarby gehou dat sy onskuldig is. Sy het beweer dat ’n gemaskerde man die woonstel betree en die kinders vermoor het.

Die ondersoekers het egter geen bewyse gevind wat haar stelling kon ondersteun nie. Regters het die verdediging se versoek om vryspraak van die hand gewys.

Sielkundige deskundiges wat deur die hof aangestel is, het verder vasgestel dat Christiane krimineel verantwoordelik gehou kan word vir haar dade.

Die regter het die moord as ‘kwaadwillig’ beskryf en beveel dat Christiane ook nooit vir parool in aanmerking sal kan kom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Shakespeare

Die mense in die wêreld het totasl die kluts kwyt geraak.

JM

Waarom moes die onskuldige kinders die prys betaal? Sy was uiters wreed.

Jean

Soos die vrou van S.A. in NZ….

Sarel

Gedink gebeur net in SA.
Maar ek skat in Duitsland beteken ” Lewenslank” juis dit
” Nooit vir Parool ” het in SA vergete geraak

JohanR

Wat gaan aan met die mensdom!