Libiese weermag val aan ná waarskuwing aan buitelanders

Argieffoto

Die Libiese Nasionale Weermag (LNA), onder leiding van Khalifa Hafter, het in die suide van die land met lugaanvalle begin nadat die weermag “buitelanders” en “Afrikane” ʼn tydperk van 10 dae gegee het om dié land in Noord-Afrika te verlaat.

Die weermag het gesê hy het tydens die eerste aanval tien voertuie met gewapende persone in die suide van Harouj (Harouge) in die Libiese woestyn geteiken wat glo aan Tsjadiese militante behoort.

Tsjadiese militante werk glo sedert middel 2014 in die land.

Luidens ʼn berig van die Libya Herald het ʼn LNA-lugmaghelikopter reeds Sondag op Tsjadiese militante toegeslaan.

Die United Nations Support Mission in Libië (UNSMIL) het aan die begin van die maand sy kommer uitgespreek oor toenemende geweld en die veiligheid van inwoners in Sebha nadat geweld weer tussen die Tebus- en die Awlad Sulieman-stamme uitgebreek het.

Luidens ʼn verslag van Junie 2017 veg die Tsjadiese militante en Soedannese opposisiegroepe soos FACT, JEM en MM sedert 2015 in Libië aan albei kante van die Libiese politieke verdeling.

Mohamed Taha Siala, Libiese minister van buitelandse sake, het vroeër vir “internasionale samewerking” gevra om te verhoed dat onwettige immigrante die land by Libië se suidelike grense binnedring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

zoom zoom ·

Die foto bo-aan die berig lyk vir my na n bekende plek tussen Pretoria en Hartbeespoortdam waar sulke tipe voertuie getoets word.

nl ·

Ja hulle kon mos maar eerder ‘n kaart van die gebied saam met die berig geplaas het….

Verkoop ·

Dit is sowaar die plek hier by ons!!. My broer het opleiding gegee daar in die goeie ou dae.

vierkleur ·

Kan ons nie ook maar so optree teen onwettige imigrante wat oor ons grense stroom nie?

marous ·

Afrikane moet uit ? Was Ghaddafi dan altyd ‘n Europeer ?

wraggies ·

Lyk my Ghaddafi was die gom wat Libja verbind het, net al hoe erger gegaan na sy afsterwe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.