Liggaam tuimel uit vliegtuig naby lughawe

Die Heathrow-lughawe in Londen. (Foto: pixabay)

Die liggaam van ʼn manlike verstekeling het Sondag uit ʼn Kenya Airways-vliegtuig getuimel kort voordat dit op die Heathrow-lughawe in Londen geland het.

Kenya Airways se vlug 100 was van Nairobi na Londen onderweg.

Londen se metropolitaanse polisie het in ʼn verklaring gesê hy het die lugredery ingelig dat ʼn liggaam uit die landingstoerusting geval het, kort voordat die vliegtuig neergestryk het.

Die liggaam van die man, wat in dié stadium nog nie geïdentifiseer is nie, het in ʼn tuin in Lambeth in die suide van Londen te lande gekom. Volgens die polisie het die persoon waarskynlik in die vliegtuig se onderstel geskuil.

“Die eienaar [van die huis] het die polisie gebel en die polisie het die vlugradar na KQ Vlug 100 nagespoor,” lui die verklaring.

Die vliegtuig is deursoek nadat die liggaam ontdek is en ʼn sak met kos en klere is naby die landingstoerusting gekry.

ʼn Gesamentlike ondersoek word tussen die owerhede in Nairobi en Londen gedoen en die Keniaanse hoë kommissaris sal onder meer probeer help om die oorledene te identifiseer, het die polisie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
K

Verstaan nie hoe mense se koppe werk nie. Nee wil mos onwettig die land inkom.

Niklaas

Die arme kêrel was sekerlik nie bewus van die bittere koue wat hy sou moes verduur het daarbo op hoogte van 35000 vt. Min mense sal dit oorleef. Hy sou ook deurgans klappertand gesukkel het met tekort aan suurstof. Die toestande daar moet baie erger wees as op berg Everest se piek. Eina.

liefie

Dit is nie eerste keer dat dit gebeur nie. En alles om dalk ‘n beter lewe te soek.

Danie

Wettige immigrasie dra gewoonlik nie die doodstraf (veral in lang afstand vlugte nie) nie.

Malemasetjommie

Net nog iemand wat uit donker Afrika wou ontsnap opsoek na n beter lewe.