Liggaam van kind in vliegtuig se onderstel gevind

Air France (Foto: AP Photo/Christophe Ena/File)

Die liggaam van ʼn kind, vermoedelik 10 jaar oud, is in die onderstel van ʼn vliegtuig gevind wat Woensdagoggend vroeg van Abidjan in Parys, Frankryk aangekom het.

Air France het aan die BBC bevestig die “lewelose liggaam van ʼn verstekeling” is by Charles de Gaulle-lughawe ontdek.

Die kind is in die holte van die landingstoerusting van die vliegtuig opgespoor.

“Die lugredery betuig sy meegevoel met dié tragedie,” het Air France in ʼn plasing op Twitter gesê, sonder om die ouderdom van die kind bekend te maak.

Die Gendarmerie nationale (Franse polisiemag) het bevestig die kind is oorspronklik van Afrika. ʼn Ondersoek na die voorval duur voort.

Air France se Boeing 777 het Dinsdagaand by Abidjan, Ivoorkus, opgestyg. ʼn Veiligheidsbeampte van die Ivoorkus het aan die AFP-nuusagentskap gesê dit dui op ʼn “groot gebrek aan sekuriteit by Abidjan-lughawe”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jessica

Oh no, poor child why was he hidden in there, i quess child trafficking, someone to blame who was paid from the word go to get the child from the time they entered the airport to get him to by pass the security check points with his ticket, If he came from Africa he was either stolen, or been sold to a couple, so start investigating from the moment he arrived at the airport in his country and how he mannage to by pass the systym to get on the plane at the bottom where they hidden him. Shocking to… Lees meer »

Hanna Hoekom

Hierdie is nou al die hoeveelste keer dat kinders / tieners hulle op vliegtuie versteek. En niemand kom ooit lewend by hul bestemming aan nie… Ironies hoe mense van sekere lande die Weste haat (en blameer vir alles wat in hul land verkeerd gegaan het), juis Weste toe vlug vir n beter lewe. Jammer n kind moes nou sy lewe verloor!

Blommie

Jessica, i highly doubt that he was kidnapped to be sold to a couple. (perhaps slavery might be an option) but this situation was most likely a child who wanted to escape poverty and have a better life in a sustainable country…
Most African country’s are so corrupt that there is nothing left for the citizens and the most people starve of hunger!
These poor kids live with almost nothing, RIP.