Liggaam wat uit vliegtuig val geïdentifiseer

Die Heathrow-lughawe in Londen. (Foto: pixabay)

Die liggaam van ʼn verstekeling wat in Junie uit ʼn Kenya Airways-vliegtuig getuimel het kort voordat dit op die Heathrow-lughawe in Londen geland het, is geïdentifiseer. ʼn Ondersoek deur ʼn joernalis van Sky News het die liggaam voorlopig uitgeken as dié van Paul Manyasi, ʼn werknemer van die Colnet-skoonmaakdiens wat by die Jomo Kenyatta- internasionale lughawe werksaam was.

Maroela Media het in Junie berig Kenya Airways se vlug 100 was van Nairobi na Londen onderweg toe ʼn liggaam uit die landingstoerusting geval het, kort voordat die vliegtuig neergestryk het. Manyasi se liggaam het in ʼn tuin in Lambeth in die suide van Londen te lande gekom. Die polisie het destyds gesê die persoon het waarskynlik in die vliegtuig se onderstel geskuil.

Die Londense polisie het ʼn identikit van die oorledene saamgestel en ʼn ondersoekende joernalis van Sky News het daarmee na Kenia gereis om die persoon se familie te probeer opspoor. Die joernalis kon daarin slaag om met Manyasi se vriendin in Kenia te gesels. Volgens haar het hy die dag van die vlug opgedaag vir werk, maar daarna spoorloos verdwyn. Hy was na bewering nog altyd nuuskierig oor hoe dit is om in Brittanje te woon.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

KrokodilBotha ·

Jong pasop vir nuuskierigheid. Net katte het 9 lewens.

J ·

Nog nie eens in die land nie en jy oortree reeds die wette. Geen simpatie nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.