Twee Amerikaanse 17-jarige meisies wat in 1971 op pad na ‘n skoolfunksie verdwyn het, se liggame is na 43 jaar gevind. Dit blyk nou dat hul motor op pad na die funksie in ʼn rivier beland en die twee meisies verdrink het.
Die motor is gevind toe die rivier onlangs weens die droogte in South Dakota deels opgedroog het, maar hul identiteit is nou eers vasgestel.
Alles dui daarop dat Pam Jackson en Cheryl Miller se verdwyning die gevolg van ‘n ongeluk was.
In 2007 is ‘n ou klasmaat, wat weens die verkragting en ontvoering van iemand anders in die tronk was, selfs van hul moord aangekla nadat hy glo teenoor ‘n selmaat erken het dat hy vir hul dood verantwoordelik was. Toe die aanspraak blyk vals te wees, is vervolging teen hom gestaak.
Bronne: AP en ANP, KTIV