Liggame van tieners ná 43 jaar gevind

Die vermiste meisies

Die vermiste meisies

Twee Amerikaanse 17-jarige meisies wat in 1971 op pad na ‘n skoolfunksie verdwyn het, se liggame is na 43 jaar gevind. Dit blyk nou dat hul motor op pad na die funksie in ʼn rivier beland en die twee meisies verdrink het.

Die motor is gevind toe die rivier onlangs weens die droogte in South Dakota deels opgedroog het, maar hul identiteit is nou eers vasgestel.

Alles dui daarop dat Pam Jackson en Cheryl Miller se verdwyning die gevolg van ‘n ongeluk was.

In 2007 is ‘n ou klasmaat, wat weens die verkragting en ontvoering van iemand anders in die tronk was, selfs van hul moord aangekla nadat hy glo  teenoor ‘n selmaat erken het dat hy vir hul dood verantwoordelik was. Toe die aanspraak blyk vals te wees, is vervolging teen hom gestaak.

Bronne: AP en ANP, KTIV

Nommerplate

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.