Die polisie van Finland het Woensdag bekendgemaak dat hulle die liggame van vyf babas, wat glo doodgebore is, in ʼn kelder van ʼn woonstelblok opgespoor het.
Die polisie het dié gru-vonds gemaak toe inwoners van die woonstelblok oor ʼn slegte reuk gekla het.
ʼn 35-jarige vrou het haarself aan die polisie oorgegee en gesê haar drie babas is tussen vyf en 10 jaar gelede doodgebore. Sy het geen verduideliking oor die ander twee babalykies nie.
Volgens die polisie kan die ouderdom van die babas nog nie vasgestel word nie, maar hulle vermoed dit is volwasse fetusse wat ‘n paar jaar gelede daar gestort is. – SAPA-AFP