Lionel Richie en Walt Disney Studios gaan ʼn musiekrolprent maak gebaseer op die Amerikaanse sanger se grootste treffers.
Die nuwe projek staan voorlopig as “All Night Long” bekend, soortgelyk aan die sanger se nommer een-treffer in 1983, berig Variety Magazine.
Pete Chiarelli, skrywer van flieks soos “Crazy Rich Asians” en “The Proposal”, is glo ook deel van die span as draaiboekskrywer.
Disney en Richie het nog nie kommentaar gelewer oor die projek nie.
Richie het deur sy loopbaan meer as 90 miljoen albums verkoop en vier Grammy-toekennings ontvang.
Musiekrolprente het onlangs ʼn gewilde genre geword in Hollywood met flieks soos “Bohemian Rhapsody” oor Freddie Mercury en “Rocketman” oor Elton John.
Whatever.