Lizz Truss bedank

Liz Truss, Britanje se eerste minister. (Foto: Daniel Leal / AFP)

Die Britse eerste minister, Liz Truss, het Donderdag haar bedanking as leier van die Konserwatiewe Party aangekondig nadat sy slegs ses weke aan bewind was.

Haar opvolger sal na verwagting teen die einde van volgende week verkies word.

“Ek erken dat ek gegewe die situasie nie die mandaat kan uitvoer waarop ek deur die Konserwatiewe Party verkies is nie. Ek het daarom met koning Charles gepraat om hom in kennis te stel dat ek as leier van die Konserwatiewe Party bedank,” het Truss amptelik aangekondig.

Na afloop van haar aankondiging het die Britse Arbeidersleier, Keir Starmer, onmiddellik ’n algemene verkiesing geëis.

Maroela Media het vroeër berig Truss het Dinsdag gestoei om haar posisie te stabiliseer nadat ʼn ekonomiese ineenstorting haar gedwing het om ʼn vernederende U-draai te maak oor belastinghervorming.

Dit was toe reeds duidelik dat haar toekoms as leier op die spel is.

Truss het Dinsdag met haar kabinet vergader in ʼn poging om steun te bekom onder Konserwatiewe LP’s – sommige van wie al ruiterlik erken het sy het geen toekoms as eerste minister nie. Sy het Woensdag in die parlement verskyn vir ʼn vraag-en-antwoordsessie.

Volgens CNN is Truss na dese die persoon wat vir die kortste tyd as eerste minister van Brittanje gedien het. Sy was maar 44 dae aan bewind. George Canning was vir die tweede kortste tydperk aan bewind in 1827. Hy is aan longontsteking dood skaars vyf maande nadat hy aan bewind gekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

George ·

Die lettuce het gewen lol…as jy nie weet nie, youtube net Liz vs Lettuce

Kobus ·

Die ministers is mos gedurig oorsee besig met studie’s ens. Wil hulle nie asb almal Engeland toe gaan en leiding kry oor wanneer en hoe om te bedank as jy nie opgewasse vir die taak is nie? Ek is seker ons belastingbetalers sal met liefde die reiskoste betaal …..op een voorwaarde, die ministers moet dit wat hulle geleer het toepas.

Riaan ·

Sien jy Cyril, sien jy … Die hele ANC moet dit ook asb doen

Gerhard ·

Ja wel, ek is spyt sy het bedank, maar ek haal my hoed absoluut af vir haar dat sy vrou genoeg was om te erken dat sy nie opgewasse is nie. Wens die ministers hier kan ook so manhaftig wees.

piet ·

Nee, sy het niks erken nie. Die punt is sy het nie ‘n ander keuse gehad as om te bedank nie. Van haar eie senior ministers het reeds vroeer die week gese dat sy sal moet bedank of hulle gaan haar uitstem en hulle het haar aangemoedig om eerder te bedank. Sy het nie meer die ondersteuning van haar party nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Schucks, ek het pas R100 verloor. Ek het ‘n weddenskap aangegaan dat sy hierdie Krismis sal haal.

Karina ·

Wel gedaan Liz Truss, jy het besef jy kan nie die mas opkom nie, en toe uit jou eie besluit om te bedank. Ek wens die Suid Afrikaanse regerende party het sulke breins om te besef hulle kan nie die werk doen soos dit behoort gedoen te word nie, en bedank, terug staan, verdwyn! Maar hulle is te geldgierig!

christo ·

Dit oortref nog nie een van ons vorige Minister van Finansies se drie dae in die stoel nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.