Londen-dieretuin weer oop ná brand

Foto: Londen-brandweer via AP

Die Londense dieretuin het weer sy deure oopgemaak ná ʼn brand waartydens ʼn aardvark en vier meerkatte omgekom het.

Die dieretuin het Sondag op sy webwerf gesê die bedrywighede gaan normaal voort, insluitend besoeke met Kersfeesvader. Brandkenners het gesê hulle is vol vertroue dat die dieretuin weer veilig kan voortgaan met sy bedrywighede.

Die oorsaak van die brand word nog ondersoek. Dit het Saterdagoggend vroeg naby ʼn kafee en die meerkat-kamp uitgebreek. Personeel en brandbestryders het so vinnig as moontlik die diere weg van die brand verskuif, maar hulle was nie in staat om die bekende Misha, die aardvark, en vier meerkatte te red nie.

Die dieretuin in Regent’s Park is ʼn gewilde toeristeaantreklikheid en word deur talle persone besoek.

Sommige personeellede moes vir rookinaseming en skok behandel word, maar daar was nie enige ernstige beserings nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Borseun ·

Hoekom betoog die greenies nie oor die aanhouding van diere in hokke nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.