Londen: Dodetal styg; groep aanvaar verantwoordelikheid

ʼn Britse LP, Tobias Ellwood (links), staan by nooddienswerkers op die toneel buite die Paleis van Westminster in Londen (22 Maart 2017). Foto: Stefan Rousseau/PA via AP

Die Islamitiese Staat (Isis) het verantwoordelikheid vir die dodelike aanval in Westminster in Londen aanvaar.

Maroela Media het vroeër berig ʼn enkele aanvaller het met ʼn motor in voetgangers op die Westminster-brug ingejaag voordat hy ʼn polisiebeampte binne die hekke van die parlement met ʼn mes doodgesteek het.

Die polisie het intussen bekendgemaak die dodetal van die aanval het tot ses gestyg. Dit kom nadat ʼn 75-jarige man Donderdagaand in die hospitaal dood is toe die masjiene wat hom aan die lewe gehou het afgeskakel is.

Die oorledenes is die aanvaller, vier lede van die publiek en ʼn polisiebeampte. Minstens 29 mense wat tydens die aanval beseer is, word steeds in hospitale behandel.

Die aanvaller is deur die polisie as Khalid Masood (52) geïdentifiseer. Hy is doodgeskiet deur polisiebeamptes nadat hy probeer het om die Britse parlementsgebou binne te gaan.

Die metropolisie het gesê Masood is in Kent gebore en het in die westelike Middellande gewoon. “Hy het talle vorige oortredings vir onder meer aanranding en die besit van aanvalswapens. Sy laaste oortreding was in 2003.”

Maroela Media het vroeër berig sewe mense is in hegtenis geneem in verband met dié dodelike terreuraanval.

Theresa May, die Britse eerste minister, het gesê daar is steeds ʼn baie hoë risikofaktor in die land. May het Europeërs en die wêreldgemeenskap gemaan om sterk en verenig te staan teenoor terreur.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Rynhardt ·

Die terreur wat ons by Britse parlement gedien het, is die begin van Engeland se groot probleme! Die nuwe wereldorde voer n groot aanslag teen wit nasies oor die wereld.Engeland se probleme met Afrikane en moslems gaan met mening toeneem!Europese leiers is gou om aanval te veroordeel, maar hulle het almal die oopgrense geondersteun met Angela Merkel van Duitsland wat die vooetou geneem het.Ek het beeldmateriaal gesien hoe Britse polisie die Britte en Moslems van mekaar weghou, en hoe Moslems en Afrikane op rekord skreeu aan hulle:”We gonna rape your women and wipe you out!”Sou westerlinge dieselfde gaan doen in moslem-lande, sal hul nie lewendig daar uitkom nie.Engeland besef nie hoe ernstige vernietiging hom in die gesig staar nie!

Boerseun ·

Nou waar is groot London se muslem burgermeester? Goot in sy stilte, kon net se ons sal nie weg kruip nie. Dalk omdat hy nie n brit van bloed is nie.

Meraai ·

Ek kan maar net my kop skud vir hierdie lande wat vir jare probeer LIBERAAL wees en kruip oral waar hulle kan, kruip by moslems, kruip by afrikane, kruip by midde-ooste, kruip en please almal en alles, en laat almal in hulle lande toe want jy mag nie “offend’ nie, selfde brittanje wat met kolonialisme in AFRIKA kom probleme skep het waarmee ONS nou moet deal. So ja, elke hond kry sy dag, in SA word die wittes uitgemoor en die Britte spraak geen sprook daaroor nie, geen sankies teen SA, niks nie, so jammer sorteer maar julle probleme uit, geen simpatie van my nie. Julle los ons hieronder in SA laat ons vergaan, ons los julle maar daarbo om nat te reen en een van die dae Sharia wette in julle land te implementeer.

Rve ·

Stem nogal saam met meraai, maar die probleem daar, net soos hier, word nie geskep deur die man op straat nie, maar deur die regering van die dag wat meer probeer om ander lande se probleme diplomaties op te los (deur oop grense om die armsaliges te help uit daai ander lande) en op die einde van die dag die plaaslike bevolking te na kom. Charity begins @ home, maar hulle besef dit nie en maak eerder hulle grense en beursies oop om ander lande se bevolkings te ‘red’.

Andries Erwee ·

Hier het ons n voorbeeld van n doodgewone Brit uit n Christelike huis, wat die Islam geloof aanvaar het en toe radikaal geraak het.

Wat op aarde kan n regering doen om te verhoed dat mense Christene, Boedhiste of Moslems word en wat kan die Britse regering doen om mense te keer om mal te raak?

Johann ·

Wys maar net wie kan ou eintlik nie vertrou nie, rugstekers was nog nooit een van my spesialiteite nie

Jaco ·

Hulle kom in met sob stories en kry dal political asylum of refugee status. Die eerste oaar jaar blend hulle mooi in, maar op ‘n dag kan hulle die “sondes” rondom hulle nie meer vat nie. “Sondes” soos gebruik van alkohol, eet van varkvleis, voorhuwelikse seks en homoseksualiteit. Dit em seker 100 ander goed is aanvaarbaar in die Weste, maar kry die doodstraf in Moslemlande. Dis vreemd dat Moslems hoegenaamd na Westerse lande verhuis. Hulle gaan beslis niemand tot hulle geloof bekeer deur al die Westerse “sondaars” dood te maak nie.

Paul ·

Ummm, die ou is in die 1960s in Engeland gebore as Adrian Russell Ajao. Sy ouers was, volgens berigte, Christene.
Hy het eers later die naam “Khalid Masood” aangeneem.

Wat sê jy nou weer van die mense wat met sobstories “inkom”?

hein ·

Die mense in Yemen word deur daardie wapens uitgewis. Met hulle politieke korrektheid het hulle nou ‘n teiken geword. Ek kan nie glo dat leiers so onnosel kan wees nie – ons kan egter nie praat van ons leiers nie – moet ek in dieselfde asem se.

marous ·

Die Britte en hul maatjies het hierdie heilige oorlog oor hulself gebring , met die oogmerk om nog meer geld te kan maak uit ander se ellende.

Johann ·

En dan verwag van ons wat hierbo met mening inklim oor hoe en hoekom.en selfs n” vat wat julle toekom” attitude, dat EEN buitelander in simpatie en empatie met ons eie volksmoord op.plase en teen weerloses moet optree? So wat sê julle wat soveel wysheid en insig openbaar oor die barbaarsheid van wat een mens openbaar? Dat dit die mense wat dood is se.verdiende loon was? Gekry wat hulle gesoek.het? Selfde barbaarsheid in ons eie grense? So selfde geld?

Alida ·

Die engelse glo mos “there is only one race the human race”. Hulle moet in SA kom kyk en voel wat doen die “human race” aan ou mense. Spul libs! Hulle wil nie hoor nie.

Pieter ·

Lord Kitchener het mos in Mei 1902 gese – The war has ended but the war goes on until the last signs of white Afrikarnerism is wiped from the face of the earth. Die VK het toe mos die ondergang van ons Suid Afrika bewerk en die anc in plek gestel om Kitchener se werk te voltooi en toe op ‘n mooi dag piets die blinde sambok die VK.

Hardus ·

Jy is reg Pieter. Die Briite gaan nog baie swaarkry het Siener geskryf oor wat in daardie tyd met ons mense gebeur het.Ons is egter nie n nasie wat gaan le nie het hulle seker al agtergekom.Ons kan van menings verskil maar staan saam waar dit saakmaak.Maar die Briite het hulle siele aan die immigrante verkoop en dit is die begin van hulle einde.Le Pen het begin wakker skrik en ook die regses in Duitsland en Nederland maar hulle is nog te min.Te veel loop nog met oogklappe rond.Hulle sal oor n paar jaar wakker skrik en dan is dit te laat.Die Britte gaan egter nooit wakker skrik nie. Trump het dit ook sien kom en daarom al die planne wat hy maak met erge teenkanting. Ook hulle loop met oogklappe rond.Arme drommels. Ons weet egter dat hier nog probleme by ons gaan kom.Ons moet dus ons geloof versterk en paraat wees en bly want dit gaan kom. Kort voor lank.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.