Londen-mesaanval: Aanvaller verlede jaar vrygelaat

‘n Skermskoot uit een van die video’s wat van die voorval geneem is. Foto: (@HLOBlog via AP)

Die man wat Vrydag op Londen-brug deur die Britse polisie doodgeskiet is nadat hy mense met ʼn mes aangeval het, is verlede jaar vrygelaat nadat hy tronkstraf uitgedien het op terreurverwante aanklagte.

Twee mense is in die aanval dood en drie beseer. Usman Khan (28) is deur polisiebeamptes doodgeskiet nadat hy deur lede van die publiek platgeduik is. Hy het ʼn fop-ploftoestel aan hom gehad.

Neil Basu, hoof van die Londen-polisie se teenterreur-eenheid, het gesê Khan is in 2012 op terreurverwante aanklagte skuldig bevind. Hy is in Desember vrygelaat.

Daar word intussen gepoog om vas te stel wat tot Vrydag se voorval aanleiding gegee het.

Eerste minister Boris Johnson het ondertussen gesê dat hy al lankal aanvoer dat dit ’n fout is om gewelddadige misdadigers toe te laat om vroeg uit die tronk te kom.

Foto: (AP Photo/Matt Dunham)

“Dit is baie belangrik dat ons uit hierdie gewoonte kom en dat ons die toepaslike vonnisse vir gevaarlike misdadigers afdwing, veral vir terroriste,” het hy gesê.

Polisiebeamptes het kort voor 14:00 op die toneel toegesak en mense uit die gebied begin verwyder. ʼn Video wat op sosiale media versprei is, wys hoe twee mans in ʼn struweling op die brug betrokke is voordat polisiebeamptes ingryp en skote afgevuur word.

In Junie 2017 het ʼn bussie in voetgangers op die Londen-brug ingeploeg voordat drie aanvallers mense in nabygeleë kroeë en restaurante met messe aangeval het. Die polisie het al drie aanvallers doodgeskiet. Sewe mense is in die aanval dood en ongeveer 48 beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Merrie Perd ·

Ag was ons polisie en regs owerheid maar so paraat. Roei die wat tereur en geweld aanhits, met hierdie soort optrede uit. Ons land is vrot van hulle.

Oros Soros ·

Paraat is nou nie die woord wat ek sou gebruik nie, Die dader was bekend en is nie gemonitor nie en dus is die aanval nie voorkom nie. Tov die regstelsel, is dit erg eensydig en word diegene wat waarsku op sosiale media teen hierdie bedreiging, aangekla en tot eensame aanhouding gevonnis.

Peet ·

Die burgermeester van Londen het ‘n gebruiklike mompel kommentaar gelewer. Baie soos ons sg leiers oor plaasmoorde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.