Londen-orkes se dirigent geskors

Dirigent Charles Dutoit (Foto: AP Photo/Alex Brandon, File)

Londen se Koninklike Filharmoniese Orkes het gesê sy hoofdirigent, Charles Dutoit, is geskors van alle toekomstige konsertverpligtinge te midde van ernstige bewerings van seksuele oortredings.

Die orkes het Vrydag in ʼn verklaring gesê die besluit is “gesamentlik” met Dutoit geneem. Dit volg ʼn dag ná die Associated Press se berig dat drie operasangeresse en ʼn klassiekemusikant gesê het Dutoit het hulle seksueel aangerand.

Aldus die orkes sal ʼn regsproses gevolg word om die bewerings te ondersoek en Dutoit “moet ʼn regverdige kans kry om regsadvies te bekom en die bewerings teen te staan”.

Dutoit het nie voor die berig in die AP reageer op verskeie versoeke vir kommentaar deur die Koninklike Filharmoniese Orkes of sy kantoor in Montreal nie. Die orkes het gesê Dutoit is met vakansie, maar dat die AP se e-posversoeke direk vir hom aangestuur is. AP het ook Dutoit se kantoor telefonies en per e-pos probeer kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

John ·

Dit wil blyk dat mense deesdae gouer iemand gefire kry met beskuldigings van ongure optrede as finansiele vergrype… dalk moes ons hier ook meer aandag gegee het aan optrede af van die speelveld as daarop, wat sekere menere se aksies betref…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.