Die Filippyne het Vrydag sy eerste geval van longsiekte aangemeld weens die gebruik van elektroniese sigarette, wat gewild geword het in dié land, ondanks waarskuwings teen “vaping”.
Die pasiënt is ʼn 16-jarige meisie van Visayas wat op 21 Oktober in die hospitaal opgeneem is weens ʼn “skielike tekort aan asem”, het die departement van gesondheid gesê.
Daar is aanvanklik vermoed dat sy ʼn longinfeksie het, maar verdere ondersoek het bevestig dat haar geval voldoen aan die kriteria vir “ʼn longbesering weens die gebruik van elektroniese sigarette of vaping”, gebaseer op riglyne deur die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer.
Die tiener het vier maande lank daagliks elektroniese sigarette gerook. Sy het daarna ook tradisionele sigarette gerook.
Sy is intussen ontslaan en het ophou rook, het die departement bygevoeg.
Gesondheidsowerhede maan persone om vaping of elektroniese sigarette te vermy en dit benadruk dat dit nie ʼn gesonde alternatief is teen rook nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Shame! Ek sukkel regtig om empatie te hê met hierdie kind…
Snaaks, ek vape al vir meer as 2 jaar en volgens my dokter is my longe in baie beter as toe ek nog gerook het. Moenie vape die skuld gee nie, sê eerder wat het sy ge-vape?
Mmmm jiss, ek het 25 jaar gerook, en omtrent so 5 jaar terug begin vape. Gewone sigg totaal en al gelos. Ek kan met alle eerlikheid in my hart se dit is 100% beter “vir my”. Dalk is dit daardie hubbly bubbly goed wat hul rook of klomp bol in daardie vape gegooi dalk.
Snaaks hoe hulle haar waarsku teen vaping maar niks word genoem van die sigarette nie. Sal graag meer inligting wel he oor wat sy presies gevape het…
Rook in ál sy vorme is ‘n verpesting en ‘n gevaar vir die openbare gesondheid. Regerings behoort dit te verbied maar die belastinginkomste daarop werk téén hierdie sinvolle stap.