Lopende ‘water’ op Mars gevind

Die sogenaamde “recurring slope lineae”. Foto: Nasa

Die sogenaamde “recurring slope lineae”. Foto: Nasa

Nasa het Maandag bekend gemaak “sterk bewyse” van lopende soutwater is op Mars gevind.

Beelde wat van Mars geneem is wys donker, vingeragtige merke wat tipies minder as vyf meter breed is en op hange verskyn tydens warm seisoene, verleng en dan vervaag in koeler seisoene op die Rooi Planeet.

Dié vloeipatrone, wat bekend staan as “recurring slope lineae” (RSL), word vermoedelik gevorm deur die aktiwiteit van mineraalbronne, maar direkte bewyse hiervan ontbreek. Navorsers het egter nou met behulp van Nasa se Mars Reconnaissance Orbiter (MRO) tekens gevind van gehidreerde minerale op hellings waar die geheimsinnige strepe op Mars gesien kan word.

“Ons ontdekkingsreis op Mars is ‘om die water te volg,’ in ons soektog na lewe in die heelal en nou het ons oortuigende wetenskaplike bewyse wat bekragtig wat ons lank vermoed het,” het John Grunsfeld, mede-administrateur van Nasa se wetenskapprogram, gesê.

“Dit is ‘n belangrike verwikkeling aangesien dit lyk asof dit bevestig water, of eerder silt, vloei vandag op die oppervlak van Mars.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann Marx ·

Daar IS intelligente lewe in die buitenste ruimte. Die beste bewys daarvan is dat hulle nog nooit probeer het om hier te land nie. Miskien kon hulle nie Suid Afrikaanse visums kry nie want hulle het nie “unabridged” geboorte sertifikate nie…

Rynhardt ·

Die wereld en Nasa raak opgewonde oor soutwater wat op Mars ontdek word,masr wys NASA werklik alles vir ons wat op Mars ontdek word?Die Amerikaanse radiostasie,Coast to Coast het juis gepraat oor n foto van Mars wat toon hoe n “Dark Lady” daar staan,m a.w. n persoon geklee in donker kleredrag.Die vraag bly staan,Wat gaan werklik op Mars aan?

Nico ·

Die Britse skrywer Terry Prachett skryf in een van sy boeke oor die mense wat beweer dat regerings ondekkings maak wat hulle geheim hou. Maar, sê hy, as mens sien hoe gemors daardie regerings van die meeste ander goed maak, soos byvoorbeeld die poskantoor, dan weet hy nie hoe hulle dit sal reg kry om sulke groot geheime te bewaar nie.

AmY ·

So, daar is wraggies intelligente lewe daarbuite? En kyk hoe mooi ‘skoon’ is hulle planeet nog.

Wonder ook net waarom hulle nog nooit probeer kontak maak het nie?

Hendrik ·

Nasa spandeer baie geld aan hierdie projekte en die industrie gebruik hierdie kennis en pas dit toe op die aarde tot ons almal se voordeel. Ons het baie, baie voordele uit die ruimte tegnologie
gekry. Dit is goed en ek hoop hulle hou aan met hierdie projekte.

Johan 2 ·

Dankie vir die berig dit is baie opwindind.

Lekker lag ek nou v Tobie, het nogal gewonder wanneer gaan God nou weer verkleineer word. Lyk my volgens baie mense is God te eenvoudig om ook op ander plekke as die aarde te skep.

Tobie ·

Lag maar Johan.

Jys geregtig tot jou eie lag opinie. Hoekom dink jy sou God die behoefde gehad het om groen mannetjies of een sellige diertjies op Mars te sit. Dalk vir vermaak? NASA, die VSA en al die magsbehepte Vrye Baksteen-en-pleister manne het net een doel voor oe, en dis om soos Nimrod, n toring te bou tot teen die hemele, en sodoene te accent to godhood. Gaan kyk bietjie na Wasington se prente teen die dak van Capital hill. Anyway, hulle sal se en doen, net wat hulle wil om te bewys dat die Bybel n leuen is. En dis my Opinie

Christo ·

By wie moet ek aansoek doen om aangestel te word as die eerste Mars loodgieter? Het iemand dalk die donker vrou se E pos ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.