’n Iranse wetgewer het Dinsdag gedurende ’n parlementsvergadering ’n yslike bedrag van 3 miljoen dollar aangebied aan wie ook al die Amerikaanse president, Donald Trump, vermoor.
“Ons bied namens die inwoners van die Kerman-provinsie ’n beloning van $3 miljoen kontant aan wie ook al Trump doodmaak,” het die politikus Ahmad Hamzeh aan Iran se Islamitiese Raadgewende Vergadering gesê.
Dit nadat genl. Kassem Soleimani, Iran se top militêre bevelvoerder, vroeg vandeesmaand op versoek van Trump gedurende ’n Amerikaanse lugaanval op Irak gesterf het.
Luidens inligting lyk dit egter nie of die parlement Hamzeh se oproep om Trump te vermoor steun nie.
Hamzeh het ook aan die Iranse parlement van 290 lede gesê die Islamitiese Republiek moet voortgaan met sy kernwapenprogram om sodoende verdere aanvalle deur die VSA op Iranse leiers te keer.
Iran het sy kernambisies in 2015 gestaak nadat hy ’n ooreenkoms met die VSA, die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Duitsland, Rusland en China onderteken het. Trump het gedurende sy verkiesingsveldtog onderneem om die VSA aan dié verdrag te onttrek en sy belofte toe in Mei vanjaar gestand gedoen.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
43 Kommentare
Dit moet verskriklik wees vir hom, sy vrou en kinders om te weet iemand GAAN hom probeer dood maak (malles is daar baie daar buite) . En ek voel verskriklik jammer vir sy sekuriteits span soveel druk op hulle. Hierdie gaan op iets baie leliks uitloop.
Ook maar dom om so voortydig sy dreigement internasionaal bekent te maak.
Dis 3 weke ou nuus
Ek glo daar is nog n drone oppad na hamzeh en dan trap honderde mekaar weer dood op die begrafnis. Maklikste manier van oorlogvoering
Dit is niks in vergelyking met die oproep van die Iraanse staats TV wat ‘n beroep gedoen het op elke inwoner van Iran om 1USD by te dra want dit het ‘n prys van 80 M USD uitgeloof aan aan die een wat van Trump ontslae raak.Iran het min of meer 80 miljoen inwoners.
Die oproep is blykbaar tydens die uitsending van Qassem Soleimani se begrafnis gedoen.Dit is nog nie amptelik bevestig nie.