Louvre-museum gesluit weens vloede in Parys

Verkeersteken onderwater in Parys, Frankryk (3 Junie 2016) Foto: AP Photo/Jerome Delay

Verkeersteken onderwater in Parys, Frankryk (3 Junie 2016) Foto: AP Photo/Jerome Delay

Die Louvre-museum is Vrydag gesluit om kunswerke te skuif wat moontlik deur vloede in Parys, Frankryk, geraak kan word.

Die museum het gesê nagenoeg 250 000 kunswerke sal aanvanklik na hoër verdiepings geskuif word, waar die kans op waterskade minder is.

Meeste dele van die noorde van Frankryk is oorstroom en die Seine-rivier, deur sentraal-Parys, het sy banke oorstroom.

Intussen het beamptes bevestig minstens vier persone is in die vloed dood.

Die watervlak het reeds begin daal, maar owerhede het gewaarsku dat dit nog tot 10 dae kan neem voor die rivier weer sy normale vlakke haal. Die rivier het die hoogste vlak in 35 jaar gehaal, ongeveer 4,5 meter bo gemiddeld.

Manuel Valls, eerste minister, het gesê buiten die vier sterftes is 24 persone beseer.

Hy het nie enige besonderhede oor die sterftes bekend gemaak nie.

Dit bring die algehele dodetal weens vloede die afgelope paar dae in Europa op 17 te staan.

Frankryk, Duitsland, Roemenië en België het die afgelope paar dae swaar reën beleef.

Altesaam 17 000 huisgesinne is nog sonder elektrisiteit in Parys en sentraal-Frankryk.

Buiten die Louvre-museum, is die nasionale biblioteek, Orsay-museum en Grand Palais gesluit. Die Louvre, wat ook Leonardo da Vinci se “Mona Lisa” huisves, sal na verwagting eers Woensdag oopmaak.

Verskeie treinstasies in Parys se middestad is ook gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Maria ·

Ons hier in suid afrika bid vir parys en frankryk se mense! I maand gelede het ons baie skare opgedoen met sterk stormwinde

Jcwf ·

Ons klimaat verander. En dit is iedereen se probleem.

Gaan ons nou meer besef dat ons mekaar nodig het?
Wat sê jy, mnr Zuma? Of is jy te veel besig met Nkandla?

Fanie ·

Jcwf. Nkandla is lankal verby!! Ons is nou in Openbaring! Lees jou bybel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.