LP’s in Engeland veroordeel ‘verdelende’ virus-paspoorte

Argieffoto (Foto: hakan german/Pixabay)

ʼn Groep Britse wetmakers het Vrydag ministers gewaarsku teen die instelling van “verdelende en diskriminerende” entstof-paspoorte ná eerste minister Boris Johnson sy ondersteuning aan die skema toegesê het.

Die groep van meer as 70 LP’s, insluitend voormalige leiers van albei die groot partye, het gewaarsku dat entstof-paspoorte gebruik kan word “om individue toegang te verbied tot algemene dienste, ondernemings en poste”.

Hulle het hul stem laat hoor ná Johnson Donderdag gesê het die dokumente sal “bruikbaar” wees en gesê het “daar gaan beslis ʼn wêreld wees waar internasionale reise van entstof-paspoorte gebruik gaan maak”.

Die Daily Telegraph het Vrydag berig ʼn proeflopie met virus-paspoorte kan moontlik by byeenkomste plaasvind insluitend die FA Cup-eindstryd in Mei en die Wêreld Snoekerkampioenskap wat vandeesmaand begin.

Keir Starmer, leier van die opposisie-Arbeidersparty, het gesê indien virussterftes en hospitaal-opnames baie daal, “sal die Britse instink teen entstof-paspoorte wees”.

Die konsep het internasionaal ondersteuning geniet, veral van lande wat van toerisme afhanklik is, soos Griekeland. Die EU het ʼn digitale Europese entstof-paspoort voorgestel. Griekeland en Ciprus het reeds entstof-paspoorte – spesifiek vir reis na en van Israel waar meer as 55% van sy bevolking reeds ingeënt is.

Denemarke sal van volgende week af mense toelaat om die haarkapper en skoonheidsalon te besoek indien hulle met ʼn slimfoon-app kan bewys dat hulle negatief getoets het, ingeënt is of onlangs van die virus herstel het.

Die Verenigde Koninkryk het reeds meer as 31 miljoen mense, of meer as 45% van sy bevolking, ʼn enkele dosis van die entstof toegedien, die tweede hoogste persentasie in die wêreld naas Israel. Die land het ten doel om teen die einde van Julie alle eerste dosisse af te handel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cherokee ·

Dit is grillerig!
Dit oortuig dat dit wys is om niè geënt te word nie.
Dit is ‘n manier van massa-oorheersing.
Loop draaie om die entstof.

JohanR ·

Die ANC kan nie eers byhou met paspoorte en kar lisensies nie. Hoe nog vir 40000000 miljoen mense ‘n Covid-19 paspoort uitryk? Sal seker ou Kopdoek in bevel sit van die paspoort, en Bheki Cele sal jou stop en vra vir jou Covid-19 paspoort……en daar val ek van my stoel af van die lag!

JohanR ·

Met die vinnig pas wat die ANC suurstof bekom en inspuit, sal ek in 2035 my virus-paspoort kry. Ons weet darem ou Cyryl is OK want hy is eerste ingespuit……go figure! By daai tyd is daar al klaar ‘n paar ander nuwe virusse die wereld ingestuur. China en die WGO dink ons is dom!

Pieter ·

Laat mens terugdink aan die passtelsel in die Apartheidsera, en dit is wyd veroordeel. Net soos die Jode se passe tydens die Nazi-era. En nou word dit geprys as ‘n Covid-19 maatreël. Die Covid-19 storie raak al meer soos George Orwell se 1984. Waaksaamheid is die wagwoord.

Jack ·

Maw ons word nou werklik gedwing om die entstof te neem al wil ons nie. Wonder wanneer gaan ons land die wereld weereens na-aap. Die wereld beweeg nou vinnig na n polit buro stelsel van beheer en altyd verskans agter die beginsel dat dit in almal se belang is. Geniet maar elke dag se vryheid.

Realis Thailand ·

In die sestigs en sewentigs moes jy geelkoors en tiphus inspuitings kry voor jy kon reis en niemand het gekla daaroor nie en dit moes deur n DG gedoen word
Dit was of die geel boekie (paspoort ) of bly tuis.Nou is daar weer n klomp klakouse oor die Covid paspoort
Mense is maar by tye eenvoudig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.