Lugredery skik ná dokter van vliegtuig gesleep is

‘n Skermskoot uit die video toe die passasier hardhandig uit sy sitplek geruk word.

Die United Airlines-lugredery en die passasier wat vroeër vandeesmaand hardhandig van een van dié lugredery se vliegtuie gesleep is, het vandeesweek tot ʼn eenparige besluit in die hof gekom.

Die lugredery het Donderdag in ʼn verklaring gesê die organisasie en die passasier, wat intussen as dr. David Dao geïdentifiseer is, het ʼn skikking vir ʼn onbekende bedrag bereik.

Maroela Media het vroeër berig Dao is deur sekuriteitsbeamptes van dié lugredery hardhandig van die vliegtuig gesleep omdat die vlug oorbespreek was. Bemanningslede het passasiers aanvanklik $400 en later $800 aangebied om vrywillig hul sitplekke prys te gee.

Toe niemand dit wou doen nie, is vier passasiers voor die voet gekies. Drie het afgeklim, maar die vierde passasier, Dao, het geweier en gesê hy het pasiënte wat hy Maandag moet behandel.

‘n Skermskoot uit die video waarop die passasier se bebloede lip gesien kan word.

Drie sekuriteitsbeamptes het hom toe van die vliegtuig af verwyder. In ʼn tweede video wat op sosiale media gedeel is, kan bloed aan die man se stukkende lip gesien word terwyl hy in die paadjie af gesleep word.

“Ons sien uit daarna om die verbeteringe wat ons aangekondig het, in te stel. Ons kliënte is immers die middelpunt van alles wat ons doen,” lui die verklaring.

Die lugredery het ook gesê hy sal voortaan vir passasiers ʼn bedrag van tot en met $10 000 aanbied indien ʼn vlug weer oorbespreek is, en sê hy neem volle verantwoordelikheid vir die voorval sonder om enigiemand die blaam te gee.

Lees die verklaring hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Loeis ·

Die polisie wie die dokter van die vlug afgesleep het, het onwettig opgetree. Boonop kom hul optrede op aanranding neer. Ek hoop die dokter het ook kriminele klagte teen die polisieman ingestel. Dus twee klagtes.

In Suid-Afrika mag mens, volgens die strafproseswet, jouself met die nodige geweld teen onwettige arres verset. Ek twyfel egter of die polisie dit so sal sien, sou mens dit doen.

Cherokee ·

Ek gaan van nou af by United Airlines besprekings doen wanneer hulle tjok en blok is. Ek meen, $10 000 is $10 000..!

Jan Nel ·

Haha Cherokee – kry net vir jou blyplek naby die lughawe.

Retha ·

Toe kry die klomp narre ‘n verrassing. Hulle moet eintlik geboikot word agv hulle dierlike optrede. Ek hoop hy het die barbaarse sekuriteits mense ook gedagvaar.

Johannes Meintjes ·

Slegte diens en brutaal-arrogante besigheidsreaksies as kliene sou kla is deesdae algemeene praktyd! Ook ongelukkig, in sommige Afrikaner en SA besighede …

Ada ·

Is hulle nou n les geleer oor hoe om n passasier te behandel.Mooi gedoen passasier!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.