Lugrederye staak vlugte oor Irak, Iran

Argieffoto

Lande soos Frankryk, Duitsland en Nederland het hul vlagskip-lugrederye versoek om nié oor Iran of Irak te vlieg nie. Dít weens die spanning wat tans heers nadat ʼn missielaanval Woensdagoggend op twee weermagbasisse in Irak gedoen is.

The Washington Post berig ʼn woordvoerder van Lufthansa het gesê die Duitse lugredery het reeds hul daaglikse vlug tussen Frankfurt en Tehran, sowel as ʼn vlug wat Saterdag na Irbil sou vlieg, gekanselleer.

Singapore Airlines, Qantas, China Airways en Malaysia Airlines sal ook tot verdere kennisgewing die Iranse lugruim vermy.

CNBC berig Emirates, met sy hoofkantoor in Doebai , en sy susterslugredery flydubai het Woensdag al hulle vlugte na Bagdad gekanselleer.

Nagenoeg ‘n miljoen mense het opgeruk vir genl.maj. Kassem Soleimani se begranis. (Foto: (Iran Press/AP)

Dít volg nadat meer as 12 missiele op die weermagbasisse in Irbil en Al Asad, wes van Bagdad, afgevuur is. Die basisse huisves Amerikaanse magte en die aanval is gedoen in weerwraak vir die onlangse dood van genl.maj. Kassem Soleimani.

Soleimani, leier van Iran se Koeds-mag, is Vrydag in ʼn Amerikaanse lugaanval dood.

Adel Abdul Mahdi, premier van Irak, het gesê Iran het hom net ná middernag plaaslike tyd gewaarsku dat ’n aanval binnekort sou volg en dat slegs gebiede met Amerikaanse troepe geteiken sou word.

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het op Twitter gesê Amerika probeer die stand van sake ná die aanval bepaal en sal binnekort ʼn verklaring uitreik. “Ons het verreweg die sterkste en bes toegeruste weermag enige plek ter wêreld,” het Trump getwiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

se net ·

Dalk tyd dat Amerika vir ons dit demonstreer.
Dan sal sekere regerings besef as Amerika se iets is nie reg, kan daar opgetree word.

John ·

En Iran weier Boeing toegang tot die swart kissies wat wel na die vliegongeluk gevind is. Die Ukraìne het ‘n ondersoek gelas.

Bert ·

Hier is nou vir ‘ons’ SAL ‘n vakuum en dus geleentheid om ‘n paar Rand te verdien vie verhogings en bonusse.

KaterinaKat ·

Wow nee net n swaap sal dit nou naby of in Iran of Irak of Israel waag.

Worsie ·

Niemand noem dit nie, maar kan op sosiale media se almal sien in video dat dit lyk of n missiel na daai vliegtuig geskiet was, ander ligkolle op die video, lyk glo soos SAM’s wat van rigting verander oppad na hom, dalk rede hoekom ander nie daar oor wil vlieg nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.