[Luister] 911-oproep vrygestel ná Linkin Park-sanger eie lewe neem

Chester Bennington van Linkin Park tydens die iHeartRadio-musiekfees in Las Vegas in 2012. Foto: Reuters

Polisieowerhede van die suide van Kalifornië in die VSA het vandeesweek die noodoproep vrygestel wat die hoofsanger van die rockgroep Linkin Park, Chester Bennington, se bestuurder gemaak het kort nadat hy op 20 Julie sy eie lewe geneem het.

Wetstoepassingsagentskappe het vroeër verlede week bevestig die 41-jarige Bennington het homself in sy huis in Los Angeles gehang. Sy liggaam is kort voor 09:00 in sy huis in Palos Verdes gevind.

In die noodoproep kan gehoor word hoe ʼn vrou histeries huil in die agtergrond terwyl die bestuurder met die nooddienste praat.

Volgens TMZ is dié vrou Bennington se huiswerker, en het sy op sy liggaam afgekom. Sy bestuurder was glo veronderstel om hom later dieselfde dag vir ʼn fotosessie op te laai saam met die res van die Linkin Park-groep, en was daarom ook die oggend van sy selfmoord op die toneel.

Linkin Park het eers die afgelope naweek in ʼn amptelike verklaring op sy dood gereageer. Die groep het gesê die sanger se dood het skokgolwe deur sy familie- en vriendekring gestuur. Hulle het ook hul medelye teenoor sy gesin betuig.

“Jy het soveel lewens aangeraak, selfs meer as wat jy besef. In die laaste paar dae het ons gesien hoe mense wêreldwyd jou liefhet en ondersteun. Talinda [sy vrou] waardeer die ondersteuning, en wil hê jy moet weet jy was die beste man, seun en pa – die familie sal nie weer heel wees sonder jou nie. Ons elkeen se lewe is deur jou beter gemaak. Dankie vir daai geskenk; ons is lief vir jou, en mis jou.”

Bennington het ʼn geskiedenis van dwelm- en alkoholprobleme gehad. Sy dood kom op dieselfde dag as sy goeie vriend, Chris Cornell, se verjaarsdag. Cornell was die hoofsanger van die groep Soundgarden en het homself in Mei om die lewe gebring deur homself te hang. Hy sou vandag 53 jaar oud geword het.

Bennington laat ses kinders uit sy twee huwelike agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

Geskiedenis van drank en dwelms…maar hy word soos n held vereer? Los ses kinders agter? Maar hys n held? Laat ek eerder nie nog iets kwytraak oor selfsug nie…

Piett ·

Jip hy is n held, vir baie mense, ek hoop en bid dat jy of jou kinders of iemand naby aan jou nie in depressie en dwelms,drank vasgevang word nie, want jy sal duidelik nie by hulle staan nie. Ek kry jou naastes bitter jammer.

Rooiwillem ·

Ai Johann. Ai. Ek weet nie eers hoekom ek reageer nie anders as om ‘n woordjie namens Chester in te kry nie. Vanaf sy ‘New Devide’ . . .

I remember black skies
The lightning all around me
I remember each flash
As time began to blur
Like a startling sign
That fate had finally found me
And your voice was all I heard

Nellie ·

Ja Johan, hy was n held. Die lirieke in sy musiek het my deur baie donker tye gehelp omdat ek myself kon vereenselwig daarmee en so uiting aan daardie donker emosies kon gee. Om ‘n dwelm- en drankprobleem te hê is baie keer ‘n ‘coping mechanism’ vir baie hartseer wat hulle binne hulle dra. Moet nie iets veroordeel waarvan jy niks weet nie.

Ilze ·

Johann jy het duidelik nie ‘n idee hoe dit is om te moet cope met ‘n verlede van sexual abuse nie, jy het ook geen idee hoe daai demone aan jou eet later in jou lewe nie. Depressie en angs sal ek nie op my ergste vyand wens nie. Dink voor jy praat en probeer ‘n klein bietjie meer compassion.
Dis mense soos jy wat maak dat die stigma klou om mental illness wat mense verstoot omdat hulle ‘n chemiese defek het in hulle brein en nie soos jy is nie. Die samelewing is hard en genadeloos en partykeer kan ek nie help om te dink dat ons wat depressie en angs het die meer menslike mense is nie, dat ons defek die een ding is waarvan mense af kan begin leer om meer verdraagsaam te wees.
Sommige mense raak moeg hulle het pyn wat nie beskryf kan word nie en as hulle breek maak dit hulle nie selfsugtig nie dit maak pleinweg iemand wat vir ‘n langer tyd probeer het en op n punt gekom het wat hy nie meer die pyn kon hanteer nie.

Erika ·

Dis so maklik om te oordeel. Ons het nie in sy skoene geloop nie en hom nog minder persoonlik geken. so jy ken hom net van tydskrifte en koerante en dis gewoonlik verdraai. Sterkte aan die familie

Willemina ·

Talinda is nie sy eksvrou ,dis sy huidige vrou hulle is nie geskei.

Dalene de Vente ·

Dagsê Willemina

Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Lynni ·

Behalwe drank en dwelms is hy as kind deur ‘n ouer persoon gemolesteer en as gevolg daarvan aan depressie gely. Soos baie van sy liedjies getuig.

Marcel ·

Kyk mense kan sê wat hulle wil oor hom en sy musiek maar hy het al miljoene mense deur baie diep en donker tye gehelp. Ek stem natuurlik nie saam met die manier hoe hy dinge beëindig het nie, selfmoord moet nooit die oplossing wees nie, maar ja hy is ‘n held. As ek net aan my eie lewe dink, deur hoeveel goed ek is en heel uitgkom het as gevolg van klipharde Linkin Park musiek……daar is net nie woorde nie, so ja hy is, en sal ‘n held bly net bloot vir die feit dat hy baie meer mense se lewens gered en beïnvloed het op so ‘n manier dat hulle beter wil wees. Meeste kunstenaars vandag se musiek beteken niks en is maar net daar om geld te maak en “crowds” te lok vir meer geld, Linkin Park het nog altyd gefokus op die lirieke en betekenis van hulle liedjies. En dit het hulle wel gekos, kyk maar die laaste album, baie min mense luister of koop dit juis omdat dit so met ‘n mens praat en natuurlik wil mense dit nie hoor nie, maar ja… mag hy rus vind en hopelik vergewe word vir die manier wat hy gegaan het. RIV Chester.

Marianne ·

One step closer too the edge and I’m about to break!!!
My hart is gebreek, Rus In Vrede, finominale mens. EK BID VIR JOU NAASTES, Ek hoop Linkin Park sal voort gaan. Chester was ‘n ligende in sy eie tyd…

linda van rooyen ·

ek is oor die 50 en Chester is my held. 3 weke na opehart operasie het ek in my kar geklim en gery om kaartjies vir hulle vertoning in SA te koop. Hierdie man het so n mooi en sterk stem, beste stem in ons leeftyd met sy klein lyfie. Hy kan enige ding sing. Google Adel se Rolling in the deep wat hy sing. Hy was drank en dwelm verslaaf, maar ten tye van sy dood was hy skoon, al skoon vir n paar jaar. Sy beste vriend het in Mei selfmoord gepleeg en hy het op daardie vriend se verjaarsdag selfmoord gepleeg. Sy groep is baie betrokke met liefdadigheid en skenkings. Ons weet nie wat deur sy kop gegaan het nie, so ons kan nie oordeel nie. ek is n groot en trotse CHAZ fan, ekn ek het al sy groep se CD’s ek kan luiter net wanneer ek wil

Veronica Steyn ·

Ongelooflik hoe vinnig party mense vinger wys en moet heel duidelik leliewit lewens leef. Hy het baie openlik gepraat oor die feit dat hy gemolesteer is as ‘n kind. Tensy jy daardeur is, hoe weet jy waarmee so persoon worstel? Ten minste is dit iemand wat nie voorgegee het om iets of iemand te wees wat hy nie was nie.

Sy musiek het baie mense deur baie donker tye gedra. Die mense wat so vinger wys het ook heel duidelik nog nooit met iemand na aan hulle gedeel wat met depressie sukkel en selfmoordneigings het nie. Ek, persoonlik, ken ‘n hele paar mense wat al gediagnoseer is met depressie en wie ek al ‘n paar keer uit selfmoord moes praat. Een van die moeilikste dinge om te doen, is om iemand uit daardie donker put van wanhoop te probeer red. Gelukkig is ek bevoorreg genoeg om te kan se ek kon dit elke keer nog regkry, maar daar mag dalk ‘n dag kom wat ek nie so gelukkig gaan wees nie.

Ons weet nie wat ander mense deurgaan nie. Hou op oordeel en wys bietjie bedagsaamheid. Dit sal ons wereld ‘n baie beter plek maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.