ʼn Maatskappy in Kanada verkoop “gebottelde vars lug” aan inwoners in Beijing, China, en ander stede waar lugbesoedeling ʼn groot probleem is.
Troy Paquette en Moses Lam, die stigters van Vitality Air, het aanvanklik ʼn plastieksakkie met vars lug van die Rotsgebergte (Rockies) gevul en wou kyk of iemand aanlyn sou belangstel om dit te koop, berig Pri.
Iemand het wel die sakkie lug gekoop en die twee het ses maande gelede die vars lug kommersieel begin verkoop.
Inwoners van Beijing moet gesigmaskers dra en koop duur lugfiltreerders vir hul huise om die besoedeling te bestry, en van die inwoners gaan glad nie na buite wanneer owerhede ʼn rooi waarskuwing teen die besoedeling uitreik nie.
Paquette het aan Pri gesê hulle het reeds 500 bottels verkoop en vervaardig reeds ʼn verdere 4 000 bottels. Die maatskappy toon nog nie ʼn wins nie, weens die hoë uitgawes.
Vitality Air word as ʼn leefstylproduk verkoop – en hulle is huiwerig om enige gesondheidsvoordele daaraan toe te skryf.
Een bottel bied ongeveer 150 asemteue vars lug en kos ongeveer $23 (R350) plus verskepingskoste. Die lug word deur ʼn gesigmasker ingeasem. Koop Vitality Air.
Lees meer: Pri
Soos dit nou in Sjina is Afrika se voorland ,die sjinese gee net mooi niks om vir die natuur stel net belang om te plunder en hul goedkoop klere en ander ware in afrika te smous
Snaaks genoeg het so iets gesien in die rolprent (spaceballs) maar toe was dit nog n grap.