Lumumba se enkele goue tand word begrawe

Patrice Lumumba (Foto: Harry Pot (ANEFO) – verklein van GaHetNa (Nationaal Archief NL) via Wikimedia Commons)

Patrice Lumumba, ʼn bevrydingsheld van die Demokratiese Republiek van die Kongo, se goue tand word Donderdag tydens ʼn seremonie begrawe.

Dié enkele tand is al wat oor is van die jong nasionalis wat in Januarie 1961 in die ouderdom van 35 vermoor is, net maande ná hy Kongo se eerste post-koloniale eerste minister geword het.

ʼn Kis met die stukkie oorskot word in ʼn mausoleum in Kinshasa bewaar in ʼn seremonie wat deur pres. Felix Tshisekedi gelei is. Dit vind plaas tydens die land se 62ste herdenking.

Die mausoleum, met ʼn groot standbeeld van Lumumba, is in die hoofstraat van die hoofstad geleë. Lumumba was op die voorpunt van pan-Afrikaanse leiers wat kolonialisme in die laat 1950’s tot ʼn einde gebring het.

Hy het in 1958 bekendheid verwerf met ʼn politieke party, die Kongolese Nasionale Beweging (MNC). Die party het onafhanklikheid en ʼn sekulêre Kongolese staat bepleit.

Sy party het in Mei 1960 die nasionale verkiesing gewen, net ʼn maand voor onafhanklikheid van België bekom is. Hy was die eerste wettig verkose premier van die Demokratiese Republiek van die Kongo.

Hy het Belgiese owerhede geskok met ʼn toespraak op onafhanklikheidsdag – wat deur koning Baudouin bygewoon is – toe hy die uittredende koloniale meesters van rassisme en “vernederende slawerny” beskuldig het.

Binne drie maande is sy regering deur middel van ʼn staatsgreep omvergewerp.

Hy is in Januarie 1961 aan die owerhede oorgegee en is doodgeskiet. Sy oorskot is in suur opgelos, maar ʼn Belgiese polisiebeampte wat by die sluipmoordaanval betrokke was, het een van sy tande as ʼn trofee gehou.

Sy familie het jare lank volgehou met hul pleidooi en België het uiteindelik op 20 Junie die tand teruggegee – ná ʼn besoek om versoening deur Baudouin se opvolger, koning Philippe. Die oorskot is na Lumumba se tuisdorp Sankuru geneem.

Vyf voormalige eerste ministers het ʼn nagwaak bygewoon saam met die huidige hoof van die regering, Jean-Michel Sama Lukonde.

“Patrice Lumumba is ʼn simbool van nasionale eenheid. Hy oorskry politieke verskille,” het Evariste Mabi, ʼn premier in die 1980’s onder Lumumba se aartsvyand, diktator Mobutu Sese Seko. “Hy vergestalt die mense se suksesvolle stryd om vryheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wessel ·

Nou wonder ek net of die tand ook in staatsie gaan lê vir mense om dit eers te besigtig en hoeveel draers gaan nodig wees om die tand te dra?

Johan ·

Julle het vergeet om by te voeg, dat, danksy, sy helde daad het die DRC net soos al die ander post koloniale lande wêreldmoondhede geword wat Afrika uit armoede laat opvaar het soos n vuurpyl. Verder het helde soos hierdie verseker dat Afrika lande vandag ryk na die sterre met hul, mediesse, wetenskap, opvoeding en welvaart kraghuise waarvan die grootste op die planeet. Ander nasies van die wereld kyk op na Afrika met verwondering oor hul bevrydings helde en die sukses stories wat hul bevryding gebring het. Dan sluit jul af met hoe kersvader eintlik van Afrika afkomstig is.

Gaitsigubib ·

Hy herinner my baie aan Samora Machel, ook n wreedaard wat nou opgehemel word.

Cherokee ·

Mense doen soms sulke simpel dinge. Die Belge en die Kongolese.

annie ·

Een tandarts het reeds ‘n packet gemaak uit die wildsplaas-miljoene… ‘n Paar van ons tandetrekkers kan dalk ook’n dollar of wat ryker word as van ons hogeres hul goudstawe begin smelt en inpak vir die dag as daar vinnig gereis moet word soos die goeie Guptas destyds… amper ‘n dekade al.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.