Lyk van 2-jarige wat deur alligator gegryp is nou gesoek

ʼn Skermskoot uit die video van die soektog in die oord.

ʼn Skermskoot uit die video van die soektog in die oord.

Die tweejarige seuntjie wat in Orlando, in die Amerikaanse deelstaat Florida, deur ʼn alligator aangeval en in ʼn strandmeer ingesleep is, is vermoedelik dood en sy liggaam word nou gesoek.

Volgens ʼn polisiewoordvoerder het meer as 15 uur na die aanval verloop en soek reddingswerkers nou na die seuntjie se liggaam. Meer as 50 mense is by die soektog betrokke en sonartoerusting word gebruik om mere en damme, wat aan die strandmeer verbind is, te deursoek.

Die seun het saam met sy gesin by die Seven Seas Lagoon in Disney se Grand Floridian Resort & Spa in Orlando ontspan toe die alligator hom aangeval het. Sy pa het in die water gespring en probeer om sy seun uit die alligator se kake te bevry, maar dit was tevergeefs.

Disney het intussen al die strandareas in sy Lake Buena Vista-oorde gesluit as voorsorgmaatreël. Volgens berigte is vier alligators intussen geskiet tydens die soektog na die seuntjie. Die alligators is oopgesny maar geen teken van die seun is gevind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Francois ·

Ek dink daar is n groot kans dat daar nie n lyk sal wees meer nie…

Arno ·

DIE krokodil behoort tot die orde wat ons die krokodilagtiges noem. Ander lede van die orde is die alligators en Amerikaanse kaaimanne, en die gaviale.

Meraai ·

Voor jy antwoord Adrian maak seker jy weet waarvan jy praat. Dankie Arno vir die info.

Cherokee ·

Meraai, jou byterige antwoord was onvanpas.
Adrian, ‘n alligator word omtrent ⅔ die grootte van ‘n krokkedil en sy tande is weggesteek terwyl die van ‘n krokkedil gesien kan word selfs terwyl sy bek toe is. Alligators is nie lokaal nie maar (ondermeer) in die Amerikaanse state terwyl krokkedille in plekke soos Suid Afrika en Australië gevind word. Daar is meer verskille soos vorm van kop en dies meer.

louis ·

Dit is eers n akkedis dan word hy n likkewaan en dan n krokkedil!!!! Hahahaaaaa!!!!

KarooKlong ·

Skerp Louis, maar na 94 kry jy hier by ons nou krokkewane en likkedille ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.