Lyon-aanvaller steeds soek

Minstens 13 mense is beseer in die aanval in Lyon in Frankryk. (Foto: Police nationale via Twitter)

Minstens 13 mense is Vrydag beseer in ʼn ontploffing in die Franse stad Lyon. Een van die beseerdes is ʼn jong kind.

CNN berig ʼn nasionale ondersoek na die ontploffing as ʼn moontlike daad van terreur is reeds van stapel gestuur.

Die ontploffing het vroegaand in die stad se sentrale sakesentrum, buite ʼn bakkery, plaasgevind.

Die Franse polisie het intussen ʼn foto op Twitter uitgereik van die vermeende aanvaller en het die publiek gevra om met inligting na vore te kom.

Ondersoekers glo die ontploffing is moontlik veroorsaak deur ʼn pakketbom wat spykers bevat het, het ʼn woordvoerder van die stadsowerheid aan CNN gesê.

Volgens berigte het die ploftoestel self egter nie ernstige beserings veroorsaak nie en is slagoffers glo meestal deur “stukke metaal en skerwe glas” beseer.

Nicole Belloubet, die Franse minister van justisie, het gesê ʼn ondersoek na ʼn moontlike terreursameswering is ure ná die aanval begin.

“Ek dink vanaand (Vrydag) aan diegene wat gewond is in die ontploffing in Lyon, hulle gesinne wat deur die geweld op hul geliefdes geraak is, asook die hele Lyon. Ons staan almal by julle,” het  Emmanuel Macron, die Franse president, gesê.

Die polisie is op soek na hierdie man. (Foto: Police nationale via Twitter)

Niemand het nog verantwoordelikheid vir die voorval, waarna Macron as ʼn “aanval” verwys het, aanvaar nie. Veiligheid is intussen reeds in openbare plekke opgeskerp.

Die BBC berig die laaste keer wat ʼn pakketbom in Frankryk ontplof het, was in 2007. Een persoon is dood en nog een beseer toe die toestel voor die gebou van ʼn prokureursfirma in Parys ontplof het. Die aanvaller is nooit opgespoor nie.

Vuurwapen- en bomaanvalle deur Jihadi-groepe het sedert 2015 tot meer as 250 sterftes in Frankryk gelei. Die land bly op ʼn hoë gereedheidsgrondslag en weermagpatrollies is ʼn alledaagse gesig in Franse stede, ook Lyon.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Liberaal ·

Ben jy gaan gou weer moet gaan kyk en fotos neem, dis nie meer lank nie dan het linkses frankryk heeltemal getransformeer tot n kommunistiese afrikaland of n moslemland waar jou vroulike metgeselle toegedraai moet wees.

Hanna Hoekom ·

Was onlangs vir drie weke in Europa (verskillende lande) en die aantal “uitlanders” het drasties toegeneem sedert my eerste besoek in 2016. Europa sal moet wakker skrik en vinnig ook!

Herman Goosen ·

Ja; as jy dit kan regkry om verby die kopbande en deur die dik swart baarde van die “moderne” franse te kan kyk…

Die Verlore Skaap ·

Lyk my hulle het weer die Kruisvaarders/Crusaders nodig om skoon te maak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.