Ma aangekla ná trein dogter (8) doodry

Jerry Dryer, Fresno se polisiehoof, spreek die media toe oor die inhegtenisneming van Joy Collins. Foto: Instagram via Fresno Police

ʼn 44-jarige ma van Kalifornië in die VSA staan tereg op aanklagte van kinderverwaarlosing nadat haar agtjarige dogter dood is toe sy Maandag in die stad Fresno onder ʼn trein ingekruip en die trein bo-oor haar gery het.

Jerry Dryer, Fresno se polisiehoof, sê Joy Collins het haar dogter en negejarige seun aangemoedig om onder die luierende trein deur te kruip sodat hulle nie hul bus huis toe sou mis nie. Die seuntjie het glo dadelik deurgekruip, maar die meisie was bang om dit te doen.

Collins het haar dogter aangemoedig om onder die Burlington Northern Santa Fe-vragtrein in te klim. Die oomblik toe sy onder die trein was, het die trein geruk en vorentoe beweeg en die dogtertjie is onder die wiele vasgevang. Sy is ʼn ent saamgesleep met Collins wat desperaat agterna gehardloop het.

Die Fresno Bee berig Collins het haar dogter onder die trein uitgetrek, maar sy het op die toneel aan haar veelvuldige beserings beswyk.

Dryer het gesê polisiebeamptes het bepaal Collins was nalatig op grond van verklarings deur ooggetuies, die feit dat dit donker was toe die voorval gebeur het en die feit dat die dogtertjie uit die staanspoor huiwerig was om haar ma se opdrag uit te voer.

The Daily Mail het die kind as Joyanna Harris geïdentifiseer. Volgens die nuusagentskap was dit nie die eerste keer wat Collins haar kinders opdrag gegee het om so onder deur ʼn trein te kruip nie.

Dit is nie tans bekend of Collins ʼn regsverteenwoordiger het nie. Sy sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Susan ·

Ag genade di arme kind! Wie in hulle right mind gee sulke opdragte vir jou kind. Dis reg dat di ma veranwoordelik gehou word vir haar kind se dood. Lyk asof dit ni di eerste keer was dat di kinders onder treine moes kruip ni

John ·

Ons kan nie te hard spog hier nie. Hier is net soveel wrede ouers wat nie die naam ma of pa werd is nie. Lees maar die koerante en gaan luister na die hofsake.

Erika ·

Hier in Suid-Afrika gebeur dit ook met Metrorail se treine. Ek het al baie gesien hoe ouers met klein kinders uit stil staande treine spring wat moontlik enige oomblik kan begin beweeg. Ook hoe ouers met klein kinders oor spoorlyne hardloop, somtyds voor aankomende treine, omdat hulle nie die trein wil mis nie.

Amelia ·

Ja nee. Soos so baie ander sogenaamde “ma’s” waarmee ons daagliks te doen het, het hulle geen clue hoe om na kinders om te sien nie. Mag hierdie vrou lewenslange tronkstraf kry – en haar seun uitgeplaas word na mense wat ordentlik na hom kan kyk. Soms is dit hartverskeurend dat daar sulke ouers op aarde is. Miskien moet sy in haar tronkstraf lesse kry : “Hoe om ‘n goeie ouer vir jou kinders te wees en ordentlik na kinders te kyk”. Tog jammer dis net hierdie storie wat die nuus haal, daar is miljoene ander wat hier in SA plaasvind maar niemand weet daarvan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.