Ma aangekla van seun se moord meer as 50 jaar gelede

Maureen Enright.

ʼn Ma van 11 kinders is aangekla van die moord op haar jong seun in die 1960’s.

Herald Sun berig Maureen Enright (76) van Queensland in Australië is die afgelope week aangekla van die moord op haar seun Peter John Enright.

Die polisie vermoed Peter, wat outisties was, is in 1968 of 1969 dood toe hy drie of vier jaar oud was. Peter, wat op 17 Junie 1965 gebore is, is nooit as vermis aangemeld nadat hy verdwyn het nie.

Luidens berigte deur 7 News het die polisie intussen met opgrawings begin by die gesin se huis in Inala, Brisbane, waar hulle vermoed Peter se oorskot begrawe is. Peter se pa, Michael, is in 2018 dood.

Die polisie is besig met opgrawings by die huis waar die gesin woon. Foto: Queensland-polisie

Die polisie het met ʼn moordondersoek begin nadat hulle in Augustus inligting ontvang het oor Peter se verdwyning.

Daar word van radartegnologie en ander gespesialiseerde toerusting gebruik gemaak om die erf in Inala mee fyn te kam.

News.com.au berig Enright voer al dekades lank aan dat Peter by ander familielede gaan woon het of vir aanneming opgegee is.

Enright moet weer op 11 Desember in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

JohanEtz ·

In SA draai daardie wiele van die gereg ongelukkig meestal agteruit!

Chris ·

Ek praat nie wat die ma gedoen het goed nie. Was daar ‘n ondersteuningstelsel, kennis en hulp vir daardie vrou? Het sy oor die nodige beskik om na die kind om te sien. Ek glo nie daardie vrou het die afgelope 50 jaar in maanskyn en rose geleef nie. Niemand kan daardie vrou blameer oor die daad wat sy gepleeg het nie. Dit is jammer maar ek dink sy sou dit nie andersins deurstaan het nie. Ek persoonlik dink daar is versagtende omstandighede wat in ag geneem kan word. Ek kan my nie indink met watter wroeging daardie vrou geleef het nie.

Lorna ·

Ek stem saam jou daar sekerlik nou famielies wat stir
Baie sterkte mamma ek kan sien jy het harde stofpad geloop en wat as sy tog die waarheid praat
Laat ons nie klippe gooi nie

Lynette ·

Jy neem AAN dat sy ‘n gewete GEHAD het…of nog steeds het. Psigopate het GEEN gewete nie en is nie in staat tot skuldgevoelens nie….weet jy dat n psigopaat se polsslag nie eens versnel tydens.die pleeg n moord nie?

Erik ·

Verstaan nie jou kommentaar nie. Dan moet ons al die plaasmoordenaars ook jammer kry, aangesien hulle ook maar oningelig is en nie die nodige ondersteuningstelsel het nie. Belaglike redenasie.

antieke antie ·

sjoe sy dra n swaar las al baie lank op haar gewete…

Daleen ·

Hoekom eers 50 jaar later inligting deurgee – wie dit ook al deurgegee het? Die persoon wat die inligting deurgegee het moet ook sommer aangekla word – hoekom sulke inligting so lank weerhou?

Erik ·

Ek verstaan nie van die kommentaar hierbo nie? As sy swaar moes kry deur met haarvgewete saam te leef is dit mos ‘n goeie ding? Om jou onskuldige gesteemde seun te vermoor is nie ‘ok’ nie. Of sy ondersteuning gehad het of nie is irrelevant. Sy moet boet!

Tanniepetoors ·

Daar kan seersekerlik verskeie redes wees vir n outistiese kind se dood, soos enige ander kind se dood. Dit hoef seker nie noodwendig.moord te wees nie. Hoop hierdie vrou kry n regverdige verhoor.

Erik ·

So as ‘n outiestiese kind doodgaan dan bly jy doodstil en vertel niemand van die dood nie en maak of die kind deur iemand anders aangeneem is? Interessante manier van dink!

shari ·

Onvergeeflik.Hoekom nie net die kind weggegee het vir aanneming of by n tehuis gaan aflaai het nie.Armoede is nie n versioning vir moord nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.