Ma dra baba enduit al gaan kind nie leef

Keri en Royce Young (Foto: Aylor Photograhpy/ Facebook.)

Keri en Royce Young (Foto: Aylor Photography/ Facebook.)

Keri Young en haar man, Royce, het op 19 weke van swangerskap uitgevind dat hul ongebore baba se brein nie ontwikkel het nie.

“Sal ons haar organe kan skenk as ek haar die volle termyn dra?” het Keri Young oomblikke nadat sy die nuus ontvang het, gevra. Die egpaar het ook besef dat Eva, hul ongebore dogtertjie, wel lewe, hulle dogter is en verdien om haar pa en ma te ontmoet.

Royce het ʼn brief op Facebook geplaas waarin hy sy vrou prys vir haar dapperheid. Dié brief het harte oor die hele wêreld aangegryp en is al meer as 21 000 keer op Facebook gedeel.

“Hierdie hele proses was rof gewees, maar ek sê dit as iemand wat van die kantlyn af kyk. Keri is die een wat elke skop en elke draai voel. Sy word elke oomblik van die dag herinner dat sy ʼn baba dra wat gaan sterf,” skryf hy.

“Ek sal definitief iets wou verander as ek kon. Ek wil hê my dogter moet perfek wees. Ek wil hê sy moet kersies uitblaas op haar eerste verjaardag. Ek sal wil sien hoe haar selfoonrekening die hoogte inskiet as sy vir seuns boodskappe stuur. Ek wil op haar troudag saam met haar by die paadjie afstap, maar ek kan dit nie doen nie. Dit is die werklikheid en ek kan dit nie keer nie.”

Die baba sal op 7 Mei vanjaar haar opwagting maak. Deur Eva kan baie ander babas se lewe moontlik gered word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Wow ·

Wow julle albei is amazing en goeie besluit!!!!!!!!!!!!!!!!!! Deur haar voorlopig haar volledige kans op lewe te gee gaan jul boonop nog baie ander babas red wat sal meebring dat sy wel voortleef. Ure op kyknet het hart en longoorplantings gewys, wat ‘n belewenis was dit nie en ek kyk ook nou met skenker oë na situasies.

AL ·

Dis ñ baie onbaatsugtige gebaar van die moeder, dat haar kind sal voortleef in ander.

muis ·

Die babatjie skop en beweeg en sy groei… Sonder n ontwikkelde breintjie??! Hier kom n positiewe opvolg berig!!

Wonderwerk ·

Muis, dieselfde gedagte het deur my brein gegaan… Hier kom ‘n wonderwerkie defnitief :)

rika ·

Dit is so hartseer en ek dink dit is amazing wat die ouers doen. Ek glo aan wonderwerke, en alhoewel dokters gesê het haar brein het nie ontwikkel, is enige iets moontlik by God. Ons ken nie Sy wil nie, maar Hy weet wat die beste is, en miskien het Hy wel die klein mensie afgestuur om n redding vir ander kinders te wees. Wat ookal gebeur, weet ek beslis, God is in beheer

Claudene ·

Dis voorwaar n onbaatsugtige gebaar van beide mamma en pappa. Ek glo ook in n wonderwerk!!!!

vytjie ·

Rika U is beslis deurdronge vrou van geloof. EK STEM met U .

Liezel ·

Vader, daar is niks vir U onmoontlik nie. Laat daai babatjie se brein asb groei. In Jesus se naam vra ek dit. Dankie Vader. Amen.

Leonie Paxton ·

Ek dadelik hande opgele op hierdie skywe van die brief. God is in beheer. AMEN

Francis ·

Sterkte kery mag jul baba se brein begin groei en sy volkome genees . is n wondelike ding wat jy wil doen en doen !!

pieterdp ·

Woorde is daar nie. Trane in my oe wat floei soos riviere. My hart wat skree vir die liefde van hart wat so on baatsigtig dink aan die wat sy geluk en gesondguid kan bring. Julle is twee engeltjies.

Jo ·

‘n Kind wat glo een of ander ontwikkellings probleem SOU HÊ is toe hoogs intelegent, mooi met ‘n volmaakte liggaam. Toets uitslae was fout. Hoop

Theresa B ·

Wow!! Nou sit ek lekker en grens. Mag die Here julle dra in hierdie tyd wat voorlê en mag julle vorentoe net Seën op Seën ontvang! Julle dogtertjie is ‘n lewensredder!!

Trichardt Human ·

Ons dien n Almagtige God . Sal graag die Geneesheer van alle geneeshere se kommentaar op die berig wou lees . Bly Glo en Vertrou julle ……

LS ·

Julle is voorwaar AMAZING mense.
Sterkte vir julle vorentoe en mag God julle seen!!

Estelle Janse Van Rensburg ·

Ek hoop ons kan op 9 Mei n hele ander storie lees?

Patricia Rossouw ·

My hart gaan uit aan hierdie ouers. In 2007 was ek swanger met ‘n seuntjie. Op 16 weke was daar bloeding en ek moes by die dokters hoor dat ek enige oomblik ‘n miskraam kan hê. Dit het nooit gebeur nie en ons is gestuur vir verdere toetse by spesialiste wat bevestig het dat sy niere nooit ontwikkel het nie. Dokters het gesê dat dit ‘n stil geboort sou wees, maar hy was op 7 Februarie 2008 gebore en het gelewe vir 4 ure. Ons het gekry om ons seuntjie vas te hou, te doop en saam met hom te wees vir so ‘n klein rukkie. Ons het sy ou klein lyfie geskenk aan die universiteit vir navorsing om hopelik ander ouers die hartseer te spaar. My wens vir julle is dat daar ‘n wonderwerk vir julle sal gebeur, maar as dit nie so uitwerk nie sal Jesus haar styf in sy arms hou. Ek verstaan die wroeging en ook die hoop wat met elke beweging en skop gepaard gaan. Ek verstaan ook julle besluit van orgaanskenking. Julle is wonderlike mense. Die Here is saam met julle elke tree van die pad al voel dit party dae nie so nie. Ek bid vir julle vir ‘n wonderwerk.

susan ·

kom ons vertrou as die Engel gebore word is als normaal. Sterkte aan die ouers

Wonderwerkie ·

My God spesialiseer in die onmoontlike.. Wonderwerke gebeur vandag nog. Moenie hoop opgee nie. Bid sonder ophou.

Zel Beukes ·

Ek wil net vir die ouers sê, wat ontmoontlik is by mens is moontlik by God. Ons dien n Groot Almagtige Supernatuurlike Koning en niks maar niks is ontmoontlik by Hom ni. Ek dra alby ouers in my gebede en glo in wonderwerke van bo. Ek pleid die bloed van Jesus oor julle as ouers en oor jul ongebore baba dogtertjie. Ek bid Psalm 91v 11-16 oor julle elke dag . En ek eis n brein vir klein Eva uit die Hemeltroon.
Lord Jesus I come to You and I claim a brain for little Eva, Lord we give You all the glory for the miracle whats about to happend. We thank You and we love You with all in us. This test will turn into a testimony, we Praise Your Holy Name Thank you my Abba Daddy ??????????

Marinda Groenewald ·

Ek en my man is verlede jaar deur dieselfde. Ons het op 20 weke uitgevind ons dogtertjie se niere funksioneer nie daarom het ek feitlik geen vrugwater meer gehad nie. Ons was by al wat ‘n dokter en spesialis maar hulle kon niks vir ons doen nie behalwe om terminasie voor te skryf. Ek het vas bly glo dat Leila sal oorleef, dat God haar sou red. Ek kon nie die besluit neem om haar lewe te laat eindig nie. Dit was nooit my keuse nie. Sy het geskop en gegroei ten spyte dat daar geen vrugwater was nie. Ons het gebid en geglo. Mense het gesê sy is net so goed as dood jy hou haar lewend. As ek kon sou ek haar vir ewig binne hou sodat sy kon.leef deur my. Maar ongelukkig op 32 weke het haar toestand versleg en ek het begin siek word. Ons het haar nie lank daarna nie ontmoet en sy is kort daarna in my arms oorlede in teater. Die dokters het alles probeer maar haar longe het nie goed ontwikkel nie so ook haar niere. Sy is ‘n perfekte beelskone dogtertjie wat vir ewig in ons harte voortleef en eendag gaan ons haar weer sien. Volmaak en pragtig! Die verdriet en hartseer sal altyd by my wees maar ek weet dat sy by ons Hemelse Vader se voete sit. Baie baie sterkte aan enige ouers wat dit moet deurgaan. Daar is wel iewers ‘n klein lig in die donker tonnel.

Denise ·

Ek stem Muis. By God is niks onmoontlik nie. Hou goeie moed

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.