Ma draf uit op rugbyveld, borsvoed en speel verder

Die foto van Emily Brierley wat haar baba langs die rugbyveld borsvoed. (Foto: Twitter)

Die foto lyk soos die kantlyn van enige rugbyveld. ʼn Rugbybal en ʼn paar waterbottels lê rond.

Maar ook op die foto is die 29-jarige rugbyspeler Emily Brierley wat haar 14 weke oue baba, Arabella, op die kantlyn borsvoed – en dié toneel het groot lof uit talle oorde ontlok.

“Briljante foto van die naweek. Een van ons damesspanlede wat speel en moederskap balanseer,” lui ʼn twiet van die Stanningley-rugbyligaklub in Engeland.

Sondag se wedstryd was Brierley, ook die ma van die negejarige Scarlett, se eerste wedstryd sedert klein Arabella se geboorte, berig BBC. Dié ma van Bradford het die afgelope ses maande glad nie rugby gespeel nie en was ywerig om weer op die veld uit te draf.

Stanningley het op sosiale media geskryf hoe bitter trots hulle op Brierley is.

Brierley het die afgelope paar weke – nadat haar dokter goedkeuring daarvoor gegee het – weer begin oefen. Tydens die wedstryd het sy as plaasvervanger opgedraf, die veld verlaat om Arabella te voed en later weer opgedraf.

“Welgedaan, Emily,” lui die klub se boodskap.

Honderde mense het Brierley geloof en die foto van haar en klein Arabella langs die veld as ʼn “lieflike oomblik” bestempel.

“Uitstekende werk, Emily. Dit is nie ʼn maklike ding om te doen nie. Ek het ook onlangs ʼn baba gehad! Komplimente vir jou; vroue is ongelooflik. Jy is ongelooflik,” lui een van die boodskappe.

“Koningin,” het nog ʼn gebruiker geskryf.

Brierley het aan BBC gesê die reaksie op die foto was “ongelooflik” en die kommentare daaroor het haar diep geraak.

“Talle ouers met jong dogters sê hoe bemoedigend dit is om te sien dat ʼn vrou rugby speel en ʼn voeding en dit waarvoor sy lief is, kan doen,” het Brierley gesê.

Sy sê die foto help ook om mense meer ontvanklik vir die idee van borsvoeding in die openbaar te maak, berig BBC.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Thereza ·

dit is op soveel vlakke verkeerd en walglik. daar is n tyd en plek vir alles

Rayman ·

Dan moet jy nie gaan uit eet nie dit walg mense om te sien hoe jy eet

VaalDonkie ·

Jou kommentaar is op soveel vlakker verkeerd en walglik. Daar is nie ‘n tyd en plek vir dit nie.

Wakkerslaper ·

Thereza, net nog ‘n aanslag deur die liberales om dinge wat nie plek het binne ‘n Christelik-morele raamwerk “aanvaarbaar” te maak en op ons af te dwing as “reg en mooi”….

Hoe DURF ons sê dat daar moreel FOUTE met hierdie prentjie is!

piet ·

Daar’s iets verkeerd met jou as jy dink dis immoreel en on-Christelik. Die natuurlikste ding ooit. Dis mos moontlik om ‘n natturlike ding soos borsvoed met die nodigste bedekking te doen so wat kan nou verkeerd wees daarmee?

MakersMark ·

Die bose wat hy raaksien is tussen sy eie ore. Duime op vir die ma, en meer so omdat sy rugby speel ook….

MakersMark ·

Ek durf sê daar is iets fout met iemand se moraliteit wat sulke aanmerkings maak wanneer ‘n Ma ‘n kind voer. Sy is tog bedek – wat is meer natuurlik. Dis net ‘n sportma en haar kind. Gaan soek die bose op ‘n ander plek kyk sommer in jou gedagtes ook.

SwartBees ·

Dit sal net n siek persoon wees wat die lelik in dit raak sien.

tweeling ·

Die vierde paragraaf sê man, so het ons nou met ‘n hormoon behandelde hier te doen.

Megan Swart ·

Dagsê Robert
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Misky ·

Ek dink dis baie mooi en wys net weereens hoe wonderlik ons vroue se liggaam geskape is. En sy doen dit mooi en gooi ‘n hemp/kombersie oor en niemand hoef ongemaklik te voel nie. Welgedaan!!!!

twaalfboor ·

Daars ñ plek en tyd vir alles. Borsvoed terwys jy rugby speel is nie een van hulle nie.

MakersMark ·

Sy is langs die veld nie besig om iemand te duik of in ‘n skrum te druk nie……word tog wakker.

SwartBees ·

Laat ek raai, jy is van daai ouens wat sy ghoens krap terwyl jy met iemand praat. Practice what you preach….daar is n tyd en n plek vir alles.

Mallie ·

Wys jou nou net die verval van die mensdom.. Geen self respek nie. Geen skaamte nie. Thereza ek stem met jou saam. Wat soek sy dan in die span.

MakersMark ·

Daar is meer morele verval tussen sulke
veroordelende mens se ore as enige ander plek.

Pieter J ·

Dit is die normaalste ding op aarde vir ń ma om ń kind te borsvoed so ek verstaan doodeenvoudig glad nie hoekom party mense en dit nogal dames dink daar is hoegenaamd iets mee verkeerd nie.

Daleen ·

Presies Pieter J! En daardie foto is pragtig dis nie of die mamma nie bedek is nie. Dit lyk of sy net haar baba teen haar bors koester wat is walglik daaraan? Iets ernstig fout met enige vrou as sy DIT walglik noem.

Wakkerslaper ·

Daleen, as dit so ‘n normale en alledaagse verskynsel in die beskaafde openbaar is, waarom moet die media spesifiek uitgaan om ‘n artikel daaroor te plaas? Uit ‘n Christelik-morele oogpunt moet ons lyne kan trek en daar is eenvoudig net sekere menslike dinge wat in privaatheid gedoen behoort te word.

Daleen ·

Wakkerslaper miskien moet jy bietjie wakker skrik! Daar is niks seksueels daaraan om jou baba te borsvoed nie! Moenie jou siek denke probeer regverdig met Christelike beginsels nie. En shame dis hartseer dat jy jou punt moet stel deur elke persoon wat nie teen dit is nie te antwoord. Kry ‘n lewe!

SwartBees ·

Net iemand siek in die kop sal die lelik raak sien in wat die vrou doen.

Wakkerslaper ·

Pieter J – dit is ook dood normaal vir die mens om homself te “verlig”, te bad, seksueel te verkeer ens. maar ons doen dit nie in die openbaar nie! Liewe magtag man, daar is iets soos selfrespek en privaatheid! Is die wêreld besig om SO absurd te word?

MakersMark ·

As jy al die goed doen wat jy noem doen jy dit dit agv jou eie liggaam se “seine” as ‘n ma ‘n baba voer is dit omdat ‘n hulpelose wesentjie se liggaampie kos nodig het. Dink tog verder as wat die neus lank is.

SwartBees ·

Ek sien self respek en privaatheid in die foto, so wat try jy sê? Ek sien niks meer as n ma wat haar honger baba voer. Duidelik sien jy baie meer raak wat jou ontstel/turn-on. Dis mense soos jy wat die natuurlike wil afmaak as siek. Die vrou is so gemaak deur ons Skepper, respekteer en berus daarby.

Martie ·

Nope dit is nou nie vir my mooi nie! Gaan daai arme babatjie nie nou seer magie kry a.g,v sy Ma wat rondhol en dan vir hom melk gee nie? Sy is mos nou vol sweet ook man ag nee!

Feite ·

Liewe Hemel mens jy is verskriklik agter die klip! Hoe dink jy borsvoed miljoene vrouens oor die wereld hulle kinders? Het almal die voorreg om n gerieflike kleedkamer of privaatheid te geniet? En die dame het dit so mooi en respekvol gedoen, ja langs die sportveld.

Snowball ·

Gee nuwe betekenis aan “met moedersmelk inkry” –
daai kind word letterlik groot langs die rugbyveld.
Niks fout daarmee nie, alles is mooi toe. Dis somer in Engeland, so die vars lug doen Ma en kind ewe goed.

Wakkerslaper ·

Met jou redenasie moet dit dus ook moreel aanvaarbaar wees om kinders te wek en te baar langs die rugbyveld? Beide dood normale menslike funksies en gedrag…

Snowball ·

Wakkerslaper, as barensnood jou oorval en jy het nie ‘n ander uitweg nie, hoop ek maar daar is ‘n goeie Christen naby wat jou met liefde en deernis sal bystaan in jou tyd van nood, en nie een wat jou sal oordeel as ‘immoreel’ nie. Iemand wat jou weerloosheid as mens en vrou sal raaksien en jou nie sal uitskel omdat jy nog nie die hospitaal gehaal het nie.
Die vrou is bloot besig om haar kind te voer, honderde vrouens doen dit met ‘n bottel en niemand kry ‘n toeval daaroor nie. Daardie vrou is diskreet en jy sien nie eers die baba’tjie nie.
Wat kinders verwek langs die rugbyveld aanbetref – ek kom seker maar uit ‘n vreeslike konserwatiewe omgewing want ek het gelukkig nog nooit so iets beleef nie.
In kort, moenie die dam onder die eend uitruk nie, gefeinsde preutsheid maak jou nie moreel nie.

MakersMark ·

Dink as mens probeer kinders verwek op of langs die rugbyveld gaan die ref jou ‘n rooi kaart gee……

Gert ·

Wat van die meisies en dames wat so te sê kaal by die strande en swembaddens lê? Daaroor kla niemand nie maar ‘n dame wat als bedek terwyl sy haar kind kos gee is ‘n probleem?

Erika ·

As die Vrou diskreet kan wees (sonder om haar Bors te ontbloot ..) Hoekom nie -Die babetjie is honger
En dit Boonop terwyl sy rugby speel…

piet ·

Dis my ervaring dat diegene wat so gou op die bandwagon spring met uitsprake soos on-Christelik en immoreel juis diegene is wat die kat in die donker knyp.

MakersMark ·

Presies Piet. Fariseers……kerkengel maar huisduiwel…..

Snowball ·

Piet, 100%. Jy kan nie meer reg wees nie. Moraliteit is nie iets wat jy ander mee pakgee nie. Klink soos die soort wat by die ds gaan skinder omdat die bure kaal bad – hy sien hulle elke aand deur die verkyker…

Francois ·

Borsvoed in die openbaar?

OK, as dit dan moet. ‘n Ma wat rugby speel terwyl haar baba haar nodig het?

My oorle’ ouma het gesê: As enige mens, plek, of handeling vir jou verkeerd voel, ís dit vir jou verkeerd, en gee jy pad daarvandaan. Wel, ek sou in die eerste plek nie dáái rugbywedstryd vrywilliglik gaan kyk het nie, en sou tweedens my loop gekry het toe ek sien ‘n rugbywedstryd is belangriker as toegeweide moederskap! Sies.

Snowball ·

Wanneer hou ‘n kind op om sy Ma nodig te kry? Moet sy in eensame afsondering leef omdat sy moederskap gekies het?

piet ·

Ek het persoonlik so ‘n voorval beleef nogal in ‘n baie gegoede buurt. Die vrou was by my op kantoor vir ‘n professionele konsultasie toe sy haar kind begin borsvoed. Ek het nie ‘n probleem met die daad gehad nie maar het gedink dit was onverpas in die middel van die konsultasie en was besorg dat sy nie die nodige aandag aan ons gesprek gaan gee nie. Ek het haar na ‘n ander kantoor geneem en ‘n handdoek gegee sodat sy daar die kind kon borsvoed. Daarna kon ons weer aangaan. Maar dit was natuurlik ‘n besonderse geval gewees. Niks verkeerd met wat hierdie vrou langs die rugbyveld gedoen het nie.

Piet ·

Neewat, niks fout nie. Dis ‘n ma wat omgee vir haar kind(ers) en lyf. ‘n Paar mammas wat iets hier kan leer. Jy mag maar oefen na swangerskap, niks fout daarmee nie. Pappas kan ook maar oefen.
Hierdie vrou verdien ‘n medalje!

Lee ·

Borsvoeding is nie walglik of lelik nie. Dit is ‘n doodnatuurlike proses. Dit dal dalk meer gewens wees as die mamma in die privaatheid van die kleedkamer borsvoed.

Piet ·

Ek sal graag wil sien hoe jy ‘n maaltyd in die kleedkamer geniet……

Anoniem ·

Gemengde gevoelens met hierdie episode. Ons ou garde sal seker nooit
hierdie tipe lewe kan goed praat en maklik aanvaar nie. Borsvoed is
‘n kosbare oomblik tussen ma en kind, nie vir die openbaar nie.

NEO ·

Hoekom nie voor die tyd melk uitpomp en die bottel vir die baba gee nie. Is maar net weer aandag soek en die media te gretig om dit vir haar te gee. Daar is ‘n plek en tyd vir alles.

Rian ·

Dis n baba wat aan n melkklier drink. Wie kla nou as n kalf aan die koei se speen drink. Wat is die verskil?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.