Ma, drie kinders val na hul dood

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Japan ondersoek ‘n moontlike selfmoord nadat ‘n ma en haar drie klein kinders na hul dood geval het uit ‘n woonstelgebou.

Die liggame van die 35-jarige vrou, haar sewejarige seun, sesjarige dogter en tweejarige seuntjie is naby die ingang van die 14-verdiepinggebou in Chiba, oos van Tokio, gevind.

“Daar word geglo dis ‘n ma en haar kinders,” het ‘n woordvoerder van die polisie gesê. Op die vraag oor of die polisie selfmoord ondersoek, het hy geantwoord: “Die polisie ondersoek die saak en dié moontlikheid word oorweeg.”

Die dagblad Yomiuri Shimbun berig dat die ma se lyk op die grond gevind is terwyl twee kinders se liggame bo-op die ingang se dak aangetref is. Die tweejarige seuntjie se lyk is glo in ‘n boom langs die gebou gevind.

Ten spyte van ‘n hoë-kwaliteit gesondheidsorg-stelsel wat algemeen beskikbaar is, is daar steeds min mense in die land wat behandeling vir geestesiektes behandeling soek weens die stigma wat steeds daaraan kleef. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Daar was seker nie ‘n pa nie, en die ma moes alleen na die kinders kyk? Baie erg in vandag se dae.

As dit die rede was, verstaan ek haar pyn en waarom sy dit gedoen het. Mens raak moeg gesukkel en kan later nie meer nie.

Soms is ek werklik dankbaar dat ek nie kinders het nie en ook dat ek nooit getroud is nie.

Hoe sorg jy alleen vir ‘n kind in die geval waar die ouers skei en die pa help nie, of in gevalle, waar die pa net doodeenvoudig verdwyn???

En waarom noem die berig die woord geestesiekte? Beteken dit nou dat elke persoon wat selfmoord pleeg of die wat hulle kinders saam hulle neem geestesiek is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.