Ma en haar negeling vorder goed

Die ma en haar negeling word in die Ain Borja-kliniek in Casablanca behandel. (Foto: AFP)

Die vrou van Mali wat in Marokko aan ʼn negeling geboorte gegee het, vorder goed en die babatjies sterk in broeikaste aan.

So ʼn geval van meerlinggeboortes is “uiters skaars en buitengewoon”, het prof. Youssef Alaoui, mediese direkteur van die Ain Borja-kliniek in Casablanca, gesê.

Volgens Alaoui vorder die 25-jarige Halima Cisse goed en sal haar babatjies, wat tussen 500 g en 1 kg by geboorte geweeg het, vir “twee tot drie maande” in broeikaste vir behandeling moet bly.

Cisse was 25 weke swanger toe sy opgeneem is en mediese personeel het volgens Alaoui daarin geslaag om haar termyn tot 30 weke te verleng tot sy kontraksies begin kry het.

ʼn Mediese span van tien dokters wat deur 25 paramedici bygestaan is, is gereed gekry vir die bevalling van die vyf dogtertjies en vier seuntjies.

Die regering van Mali het Cisse op 30 Maart vir beter sorg na Marokko gevlieg. Cisse het gedink sy verwag ʼn seweling. Die babas is Dinsdag deur middel van ʼn keisersnee in die lewe gebring.

Volgens mediaberigte in Mali was dokters bekommerd oor Cisse se gesondheid, asook die kans op oorlewing van haar babas.

Die geverifieerde wêreldrekord vir die meeste lewende geboortes is agt. Nadya Suleman, ʼn Amerikaanse vrou, het in 2009 op 33-jarige ouderdom aan ʼn agtling geboorte gegee en die bynaam “Octomum” gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Realis Thailand ·

En wie gaan die geld gee vir sorg
Die welsyn weer soos die VSA en VK ens.
Nerens word daar gese hoe welaf of arm is die familie nie
Veels geluk aan die pa hy het rerig goeie werk gedoen en het nie weer nodig om te probeer nie

Alma ·

Hulle praat nerens van die pa nie, wonder of hy ooit belangstel.

Herpiet ·

Sien nie die Pa op die foto nie. Hyt seker weggehardloop…

Tanniepetoors ·

Laat dit nou ‘n rekord wees van watter aard ookal, ek is net baie dankbaar dis nie een van my skoondogters wat nege babatjies moet grootmaak nie.

DieKriek ·

Hulle sal borge kry. Dis darem maar baie seldsaam. Ek moet sê een kleinkind op n slag is heeltemal genoeg vir my.

Twanet ·

Julle het bietjie die verkeerde ma op die foto..daai vroutjie is Thelma Chiaka wat in 2019 n sesling gehad het…

Nico Strydom ·

Dagsê Twanet
Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Vriendelike groete
Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.