Ma en seun ná 70 jaar herenig

Abdul Kuddus Munsi en sy ma, Mongola Nessa, is ná 70 jaar herenig. (Foto: Khan Mohammad Ayub / AFP)

ʼn 82-jarige Bangladesjer is die afgelope naweek ná 70 jaar met sy ma, wat nou amper 100 jaar oud is, herenig.

Dít volg ná ʼn sakeman in April vanjaar ʼn video van Abdul Kuddus Munsi op Facebook gedeel het waar hy om hulp smeek om die man se familie op te spoor.

ʼn Verlangse familielid het die plasing op Facebook gesien en die man ingelig dat sy ma, Mongola Nessa, steeds leef.

Nessa het haar seun glo aan ʼn traanvormige geboortemerk op sy hand uitgeken.

Munsi, wat in Brahmanbaria gebore is, was 10 jaar oud toe hy by sy oom gaan woon het.

Hy het egter kontak met sy familielede verloor toe hy kort daarna weggeloop het en deur twee susters aangeneem is.

Al wat Munsi kon onthou, was die name van sy ouers en die dorpie waar hy vir die eerste 10 jaar van sy lewe gewoon het.

Munsi woon tans in Rajshahi, sowat 350 km van sy geboortedorp.

AFP berig die ma en seun se trane het vryelik gevloei toe hulle die afgelope naweek herenig is.

“My ma is baie oud en kan nie behoorlik praat nie,” het Munsi aan AFP gesê.

“Sy het gehuil toe sy my sien en my hande vasgehou. Ek vir haar gesê ‘jou seun is terug dat jy van nou af oor niks besorg hoef te wees nie’.”

Shafiqul Islam, Munsi se neef, sê honderde dorpsmense wat dié merkwaardige toneel aanskou het, het ook trane in hul oë gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peach ·

Pablo, en jou bron van inligting is? Moenie stellings maak as jy nie die feite ken nie.

Misky ·

Wat ‘n mooi storie en self nou trane weggesluk. Baie bly vir hulle

Anoniem ·

Pragtige verhaal. So bly vir hulle dat die herontmoeting nog in hul albei se leeftyd kon gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.