Ma gooi baba uit brandende huis voor sy sterf

Keana (12 dae) Foto: Faithit.com/Facebook

Keana (12 dae) Foto: Faithit.com/Facebook

ʼn Vrou van Wyoming in die Amerikaanse deelstaat Illinois word as heldin beskryf nadat sy haar baba van net 12 dae oud in ʼn karstoeltjie vasgemaak en by die venster van die tweede vloer van ʼn brandende huis uitgegooi het, voordat sy aan rookinaseming oorlede is.

Volgens polisie-owerhede van Illinois het die voorval twee weke gelede gebeur.

Die owerhede het gesê Shelby Carter (21) het klein Keana se lewe gered deur haar in die stoeltjie vas te maak sodat sy nie na haar dood val nie.

Carter het die nooddienste glo histeries gebel en gesê sy is in ʼn brandende huis en kan nie asemhaal nie. Sy het nie haar baba genoem nie, maar die owerhede het intussen gesê sy het vermoedelik toe reeds haar kind na veiligheid gegooi.

Brandbestryders het later op haar liggaam afgekom. ʼn Nadoodse ondersoek het bevestig sy is weens rookinaseming oorlede.

Die baba is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas, maar is intussen ontslaan en is in die sorg van familie geplaas.

Volgens die polisie het Carter saam met haar ma en verloofde in die huis gebly, maar hulle was nie tuis nie.

Die polisie is ook onseker waarom sy nie ook by die venster uitgespring het nie, maar vermoed sy was vasgevang in die vlamme, omdat sy talle wonde gehad het.

ʼn GoFundMe-blad is intussen vir die gesin op die been gebring om die familie met onkostes te help.

Die polisie-ondersoek duur nog voort.

Bron: Faithit, CNN, Fox News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jean ·

Ag foeitog, dit moes seker die heel moeilikste besluit in haar lewe gewees het om haar baba by die venster uit te gooi, ‘n babastoeltjie is nie ‘n versekering die baba sou lewendig land nie, MAAR mens is net so dankbaar sy kon met haar laaste heldedaad haar ou babatjie red. RIV.

tina ·

Wat n skrille kontras met die vorige berig van die ma wat haar kleinding in die nek steek. Ai,so hartseer. Net ‘n mamma se laaste liefdesdaad.

wilma ·

Soooo hartseer. Mamma was so jonk. Arme babatjie sonder n mammie nou?

ELMARIE ·

JAMMER VIR DIE MAMMA SE VELIES EK SOU DIE SEFDE GEDOEN HET MET MY KINDERS STERKTE AAN DIE FAMILIES MAG GOD JULLE DRA IN DIE HARTSEER TYD

Janie Monsieur ·

Dagsê Ronnie,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, lyk my ons vingers probeer té vinnig tik! Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms Maroela Media

Justice ·

Shelby het die regte besluit onder geweldige druk geneem – mag haar kind geseend wees met `n gesonde en ryke lewe vorentoe

Theresa B ·

Ag siestog. Dis tragies. Sy was ‘n wonderlike ma – seker daarvan. Sy het haar kind 1ste gestel.

Anoniem ·

Ai, hoe anders as Poppie se eie ma… die laaste ding wat mamma Shelby op aarde gedoen het, was om haar kind te probeer red.

Keana sal altyd weet haar mamma was SO lief vir haar, sy het haar lewe gegee sodat sy kan lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.