Ma hou seun (3) aan leiband in hondehok, brand hom met chemikalieë

Argieffoto - jong seun

Argieffoto

ʼn Ma van Pennsilvanië in Amerika het vandeesweek in ʼn hooggeregshof in dié deelstaat verskyn en word daarvan beskuldig dat sy haar driejarige seuntjie onder meer met chemikalieë gebrand het, hom in ʼn hok toegesluit en met ʼn leiband vasgemaak het.

Arwen Kuhn, die driejarige se ma, se eks-man het haar verlede jaar by die polisie verkla nadat hy hul seuntjie vir drie dae in Kuhn se sorg gelaat het.

Die egpaar is ʼn geruimde tyd gelede geskei en het gedeelde voogskap oor hul seun.

Volgens die beëdigde verklaring wat die pa afgelê het, het hy ʼn snymerk aan sy seun se maag opgemerk asook kneusplekke aan sy voorkop, waarna hy hom na ʼn hospitaal geneem het.

Mediese personeel het bevestig dat die seun chemiese brandwonde aan sy maag én voete het, asook kneuswonde aan sy bene, rug en voorkop.

Volgens die ondersoekbeamptes het Kuhn die driejarige van ʼn afstand op sy maag laat val. Sy het hom ook aan ʼn leiband vasgemaak en in ʼn hondehok gehou.

Die ondersoekbeamptes het ook in die hof getuig dat Kuhn peroksied in haar seuntjie se oë gespuit het.

Sy het glo in die hof gesê sy het hom in ʼn hok en aan ʼn leiband gehou om “te keer dat hy lekkernye eet”.

Meer inligting is nie in dié stadium bekend nie.

Die verhoor is uitgestel na September waarna Kuhn sal moet pleit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Lba ·

Hoop hulle sluit haar toe en gooi sleutel weg. En daai soort word n ma genoem.

Bella ·

Sluit haar toe en gooi die sleutel weg. Is nie die titel ma werd nie!!!

Cherokee ·

In Suid Afrika word kinders in vuilgoedkanne en op vuilgoedhope weggegooi.

annie ·

Ek is so onsteld oor wat sy doen.Tronk toe met haar.Die ander vrouens sal haar leer om n ma te wees.

Kiepie ·

Kuhn is ‘n van van Duitse oorsprong en word algemeen wêreldwyd aangetref.

Juffie ·

Ongelooflik hoe mense se koppe kan uithak. Ek is seker dwelms is hier betrokke.
Wat net vir my so vreemd is is dat ons Suid Afrikaners op GEEN berig kan kommentaar lewer sonder om Suid Afrika daarby te betrek nie?

Ina ·

Ek stem saam,ongelukkig gebeur hierdie dinge wereld wyd. Sommige mense moet net NOOIT die voorreg he om n kindjie vas te hou nie. ?

Justine ·

Ek my self is ‘n ma van 3 en 1 verloor en ek kan my self ni in sien om so iets te doen nie. Ek sit en lees en dink vir my self sê nou dis my kind/kinders hoe sou hulle gevoel het kry ek TRANE in my oë. So ek glo en hoop regtig die Wet besluit reg vir jou sodat jy kan voel hoe jou SEUN gevoel het. Want in my OË is jy ni ‘n Ma ni. En ek hoop REGTIG sy PA kry sy SEUN. Voorspoed pappa vir alles wat voor lê en mag onse Here sy hande oor jou hou en jou familie veral jou SEUN want hy gaan nou baie LIEFDE NODIG HÊ.

[email protected] ·

Daardie soort vrouens verdien nie om ma genom te word nie en om ook nie kinders te he nie. Sy is onbevoeg om na haar pragtige seuntjie te om te sien

Theresa ·

Sy het reeds die seuntjie se lewe gesteel. Sy vertroue in als en almal en beslis sy respek in toekoms vir enige vrou. Dus geen eenvoudige, klein straffie hier ter sprake nie.
Hoop die arme kind is summier uit haar sorg verwyder en dat sy hom NOOIT weer mag sien nie.

M ·

Watter regdenkende mens doen so iets aan jou eie vlees en bloed.
3 jaartjies oud – op sy oulikste.

Hul moet haar buite die selle in die koue aan n paal vasmaak dat sy nie by haar bord kos kan uitkom nie.

Moes nooit swanger geraak het nie – gee dan die kind vir sy Pa as hy vir jou te veel moeite is,

SKOKKEND

Linette ·

Die term “vrou” en “ma” is glad nie van pas en toepaslik op hierdie ….. wese nie. Hoekom sulke mense geseën word met kinders en daar soveel ander is wat jaar na jaar na jaar teel, terwyl ander bid en smeek vir kinders, sal mens ook nooit weet nie. Ek hoop die hof – in hierdie geval – gee 100% toesig vir die pa. Ek hoop sy word daarvan weerhou om óóit weer enigsins naby daai kind te kom. Ek hoop sy kry ten minste 20 jaar tronkstraf in een van die maxi-sekuriteit, hoë-risiko vroue-tronke (een van daardie tent-tronke, waar hulle in die oop lug moet slaap en in “chain gangs” daagliks moet werk om hul stukkie brood te verdien), waar die ‘inmates’ haar baie vinnig sal regsien vir die onreg wat sy aan daardie kindjie gedoen het.

En Stelle & Cherokee het dit reg: erger goed as dié gebeur daagliks in SA – nie eens net doer, in daardie ander dorp, in daardie ander provinsie nie, maar reg hier, onder ons eie neuse en in ons eie woonbuurte, word pasgebore babas versmoor of in put-toilette of op ashope gegooi. En ons het emosioneel al so afgestomp geraak dat ons daarvan lees in die media, maar net ons skouers optrek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.