Ma kap glo pasgebore baba se vingers af

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Botswana stel ondersoek in oor waarom ʼn 31-jarige ma glo van haar pasgebore baba se vingers afgekap het, berig Echo.

Volgens familielede het die ma, wat nie geïdentifiseer kan word nie om die kind te beskerm, haar baba om die lewe probeer bring kort nadat sy by haar huis in Kanye geboorte gegee het.

“Die baba is deur die ouma gered. Ons was geskok om te sien dat van die baba se vingers afgekap is,” het Masego Babotsi, ʼn familielid, gesê. “Die baba se tong het selfs merke op gehad wat die vermoede laat bestaan dat sy probeer het om dit af te kap. Daar is ook beserings aan die baba se kop en maag.”

Die baba ontvang behandeling by die Sewendedag Adventiste Kerk-hospitaal. Sup. Sello Ntwaagae, ʼn woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig. Die ma is in hegtenis geneem en sal na verwagting van poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer aangekla word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nina ·

Liewe hemel….wat sal iemand besiel om so iets te doen? Arme baba!

snip ·

Dis vreeslik, kan nie glo wat ek hier lees nie, hoe kan n ma dit aan so hulpelose babatjie doen, wat nie eers gevra het om daar te wees nie, maar hoekom dan nie net die baba dood maak en dit oorkry nie (wat heeltemal ook verkeerd in my oë is), hoekom so wreed wees en vingertjies afkap en die merke op die tongetjie en kop en die arme baba so laat ly. Die arme baba, volmaak gebore en nou dit…. Mense is wreed en ongevoelig in vandag se lewe . Hoekom nie net die kind gee vir aanneming nie, hoekom altyd seermaak, mishandel of vermoor. Ek is seker daar is instansies wat ma’s kan help.

Andries ·

Botswana. Doodstraf is nog van toepassing daar. Hoop werklikwaar sy kry n gepaste vonnis. Weet ook nie of hulle haar net na n sielkundige inrigting sal verwys vir behandeling nie. Daar moet n wet wees wat sulke ouers dwing om hulle te laat steriliseer.

Gina Slabbert ·

Kap eers haar vingers af, sodat sy kan voel hoe voel dit en stuur haar dan vir die galg. Die vrou moet siek wees. Geen behandeling sal haar normaal kry nie. So wreed het die same lewing geword. Hoeveel van haar soort is buite, en dit kos die staat net geld. Die Here moet hier intree in ons werld en ons kan net by hom pleit, en genade vra. Die wreedheid raak net erger by die dag.

Daleen ·

Ek kan dit nie glo nie!!!!!!!!!! Mens sal dink na jy die babatjie vir 9 maande lank gedra het, en julle hartkloppe amper een was jy teminste iets sal voel vir jou eie kind!!! Dis belaglik verby eks werklik amper woordeloos!!!!!!!!!!!

tina ·

walglik,afskuwelik.ek is naar en sprakeloos.arme weerlose babatjie!!!

Milan ·

Dis baie erg. Die hartseer ding is daardie baba gaan grootword en hy gaan altyd onthou dat sy eie ma sy vingers afgekap het…
Hoe siek is dit nie?!

Tammy ·

As jy deesdae misdaad pleeg is dwelms of sielkundige oorsake n goeie verskoning om weg te kom daarmee. Die arme kind het geen kans gehad op n normale gelukkige lewe nie. Straf die ma in ooreenstemming met die daad en hoeveelheid jare van n gemiddelde mens se lewe. Ai dis tragies verby…..so ongelooflik hartseer.

Sanet Jacobs ·

Dis siek!!! en daar is soveel ander mense wat enige iets sal gee vir n ou babatjie… dis so unfair!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.