Ma ontsteld oor kort kortbroekie vir dogtertjies

Die foto wat Nikita Friedman op Facebook geplaas het om die verskil tussen die twee broekgroottes aan te dui (dogtertjie-kortbroek voor, kortbroek vir seuns agter)

Die foto wat Nikita Friedman op Facebook geplaas het om die verskil tussen die twee broekgroottes aan te dui (dogtertjie-kortbroek voor, kortbroek vir seuns agter)

ʼn Ma van Australië het haar ontsteltenis op sosiale media uitgespreek oor die verskil in grootte van ʼn eenjarige seuntjie se kortbroek teenoor ʼn eenjarige dogtertjie sʼn.

Nikita Friedman van Queensland het ʼn foto op Facebook geplak wat duidelik die verskil tussen die twee kortbroeke wys. Sy was Saterdag by ʼn groot kettingwinkel, Big W, op soek na klere vir haar eenjarige dogtertjie. Sy voer aan sy het gesukkel om ʼn kortbroek te kry wat haar babadogtertjie se luier sou bedek.

Friedman het in ʼn lang boodskap op Facebook gesê dit is ʼn voorbeeld van “weersinwekkende” geslagsvooroordeel.

Volgens haar het sy wel by ʼn ander winkel haar inkopies gaan doen, maar sy wou hê die handelaar moet weet waarom sy ongelukkig is. Intussen het talle ander gebruikers ook op die winkel se Facebook-blad aangedui dat daar ʼn groot verskil in die groottes is.

Friedman het hoofsaaklik positiewe terugvoer oor haar plasing ontvang, maar het dit intussen haar verwyder weens die hoeveelheid kritiek wat sy ontvang het.

Nikita Friedman se plasing op Facebook

Nikita Friedman se plasing op Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

tamboti ·

ja so nie net by ons ‘n klomp klipgooiers nie!
Ek stem saam met haar, tv tydskrifte modehuise kunstenaars en akteurs stel vrot voorbeelde en siek waardes voor, en mense sal hul longe uit baklei om sulke snert te verdedig.
En die verslaafdes, verkragters en pedofiele lag al die pad.
Ons winkels se klere laat ook veel te wense met snitte en temas.

Trolle ·

Dis die duiwel wat so werk tamboti,glo my.Hy is al bo op ons en niemand sien dit raak nie.

Piet Pompies ·

Hierdie is niks anders as ‘n reg op “Vryheid van spraak”. Ons het self drie kinders groot gemaak, twee dogters en ‘n seun en ons het ‘n eenvoudige reel gehad wat gegeld het tot die dag wat my kinders die huis verlaat het.
Die klere wat jy aantrek verteenwoordig jou waardes, toe ons kinders klein was het ons die waardes bepaal en ek glo so kan elke ouer vandag ook daardie waardes bepaal.

M A ·

Laat geld praat. As niemand die dogtertjie broekies koop nie en die seunsbroekies vir hulle dogtertjies aantrek (dis mooi genoeg), sal klerevervaardigers gou agterkom iets is nie reg nie.

Theresa ·

EK STEM 100% SAAM!!!! Dit is belaglik hoe kort hulle vandag die dogtertjies se kortbroekies maak!! Ek twyfel sterk of elke ma wil he hul dogters se boude moet uithang!!!! Sies man!!!!!

nig ·

Moet dit dan nie koop nie. Eenvoudig. Maak jou eie, maklik en goedkoop

Ella ·

Ek stem saam die dame, Ek wil nie he my 2 jarige dogtertjie moet “sexy”aantrek nie. Ek self sukkel om ordentelike kort broekies vir haar te kry want dit maak net net die boude toe. Daar is hopeloos te veel siek mense daar buite om n mens se kind as “sexy”te bemark as ek dit so kan stel.

Sumari ·

Om nie eers te praat van die tieners van vandag wat net so aantrek nie. Liewe aarde ek was die naweek in die mall in George en dis verstommend hoe hulle aantrek. Ek weet mens kyk nie na die klere wat jy kerk toe aantrek nie, maar my genade Sondag is al wat ‘n kind wat in die kerk was se rokkie of broekies so kort ek meen jy het bietjie respek as jy kerk toegaan.

Liewe lulu ·

Ek koop lankal vir my kleindogter van 21 mnde wat by ons bly seunsbroeke wat ek optooi met kant en interessante knopies

Ben van Staden ·

Kolskoot! Lyk my ek en jy is van die ou skool. Meisie kinders dra rokkies.

belaglik kort ·

Hierdie probleem is maar orals. Stap jy by woolies, mr price of edgars in le die sjoe broekies uitgestal teen belaglike pryse. Maak ‘n draai by ballito in junie / julie as die mr price /ballito Pro aan is want dan hang my mond letterlik oop… heeldag. Die dogtertjies dra broekies wat so hoog opgesny is dat sy omtrent nie kan loop nie. Hoe kan dit gemaklik wees?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.