ʼn Nieu-Seelander het ʼn 14-jarige Amerikaanse meisie met wie hy aanlyn gesels het, by haar huis gaan opsoek, maar is deur die meisie se ma geskiet.
Troy George Skinner (25) het glo die lang reis aangepak, by die meisie se ouerhuis in Goochland in die Amerikaanse deelstaat Virginië opgedaag, ʼn glasdeur stukkend geslaan en die huis probeer binnegaan. Volgens James Agnew, ʼn woordvoerder van die polisie, het die ma gesien iemand probeer in die huis kom. Sy het waarskuwings uitgeroep voor sy hom geskiet het.
Skinner is in die nek geskiet, maar het oorleef. Volgens die polisie is ʼn mes en kleefband in Skinner se besit gevind.
“Die manier waarop hy die huis probeer binnegaan het en die goed wat in sy besit was, dui daarop dat hy nie goeie bedoelings gehad het nie,” het Agnew gesê.
Skinner sal teregstaan op aanklagte van inbraak met ʼn dodelike wapen met die doel om ʼn ernstige misdaad te pleeg.
Die owerhede in Nieu-Seeland het bevestig hulle is bewus van die voorval en sal wetstoepassingsagentskappe in die VSA bystaan soos nodig. Die owerhede is ook in kontak met Skinner se familie en verleen konsulêre bystand.
CNN berig intussen Skinner en die meisie het maande lank aanlyn gesels waarna sy kontak gestaak het. Skinner het glo herhaaldelik daarna weer kontak met haar probeer maak voor hy na die VSA gevlieg het.
“Skinner sal teregstaan op aanklagte van inbraak met ‘n dodelike wapen met ‘n doel om ‘n ernstige daad te pleeg.” …. Kan Suid-Afrika ASB die voorbeeld volg?
Ja Waarheid, in ons land moet die koeël eers uit die loop van die geweer wees voordat jy jouself mag verdedig.
Kinders op die internet, ai. Tegnologies so gevorderd en rekenaarvaardig maar nog net dom, naïewe kind. Wys jou dogtertjie wat met vreemdes op die web gesels die fliek “Megan is missing”.
Wat soek ‘n man van in sy 20’s met ‘n tienermeisie van 14 ?
Ons as ouers moet paraat wees – daar is so baie “preditors” op Facebook wat op die uitkyk is. Ek het ‘n baie goeie verhouding met my dogter, en gaan ek met haar toestemming gereeld in op haar facebook. Daar is so baie vreemde mans wat friend requests vir haar stuur, mans wat sy van nêrens af kennie, maar sien sy dat hy vriende is met van haar ander vriendinne, en dan aanvaar sy die requests. Wanneer mammie dan bietjie ondersoek instel, blok ek hulle onmiddelik.
Snaaks hoe daai vraag defnitief gewig sal he in SA Mammie maar in die VSA is dit normaal en as jy gaan kyk in SA is daai meisiekind in Gr 8 maar in die VSA nader aan Gr 11.