Ma sluit kinders in kattebak toe en doen inkopies

Foto: Pixabay, Public Domain

ʼn 39-jarige vrou van die Amerikaanse deelstaat Utah is in hegtenis geneem nadat sy glo haar twee jong kinders in haar motor se kattebak toegesluit het voor sy gaan inkopies doen het.

Volgens CBS is die polisie Saterdag ontbied nadat ʼn omstander geluide by die kattebak hoor uitkom en die motor sien skud het.

Polisielede het die kinders, onderskeidelik twee en vyf jaar oud, uit die kattebak bevry.

Lt. Casey Warren, woordvoerder van die Riversdale-polisie in Utah, sê talle omstanders het ook die kinders te hulp gesnel.

Die ma is in hegtenis geneem met haar terugkeer na die motor.

Volgens Warren is die kinders tans in ʼn plek van veiligheid terwyl die welsyn ʼn verantwoordelike familielid probeer opspoor waar die kinders tuis kan gaan. Hulle identiteit word deur wetgewing beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johann ·

En hier word kinders in die veld of toilette gelos. Pasgebore babas, totaal weerloos, blootgestel aan die barbaarsheid van Afrika.

MissDemeanor ·

Ek is nie n groot “fan” van ons regering nie. Maar is dit dan nou die Republicans se skuld as die Amerikaanse vrou haar kinders in die kar se kattebak sit? Maar jul is dalk reg. Ons maatskaplike stelsel kan baie verbeter. Dit sal help as mense “ouerleiding klasse” kan kry om hul beter voor te berei op die uitdagings van ouerskap. Selfs iets eenvoudig soos om n ouerskap handboek uit te deel an nuwe ouers by die hospitaal. Maar nou ja, so baie mense kan nie lees nie. Ons moet maar self begin doen wat die regering nie kan doen nie.

A ·

Ek gee op! Wat gaan aan met die mensdom. Ek sal haar in die katteboek toesluit en die sleutel weggooi. Sommer lekker in die son stop sodat sy kan voel hoe dit voel.

paula ·

Ek wens dat mense hulle wil bepaal by wat in die berig geskryf staan en daarop antwoord. Hoekom altyd ander situasies soos hierbo vernoem opbring.
Mag hierdie kinders n liefdevolle gesonde huis vind en goed versorg word.

al ·

Ja ons werk onsself so op in wat in ons land aangaan, dat ons nie besef dat elke land ook maar sy eie probleme mee worstel wat die bose betref nie.

SêNet71 ·

Jammer Jaco, maar ek dink ras het niks uit te waai met die tipe “mishandeling” van minderjariges nie. ‘n Kleur bepaal nie hoe jy jou kinders behandel nie. Dink mens moet eerder afvra of die ma onder die invloed van een of ander middel of drank is, want enige regdenkende persoon wat haarself ‘n ma noem, sou verseker nie dit aan haar kinders gedoen het nie.

NEE - ·

Dit is belaglik dat DWELMS en ALKOHOL deesdae gebruik mag word of armoede om kinders te mishandel en te misbruik. TWAK man as jy ‘n ma is van twee klein kindertjies moet jy nie alkohol of dwelms gebruik nie, ook nie BESTUUR onder die invloed nie. SENET71 baie ouers mishandel hulle kinders . wat sogenaamd ‘regdenkend’ is, jy weet nie hoe siek is die wereld daarbuite nie.

Ai ·

Dis darem maar baie wreed. Hierdie wereld is die kluts kwyt. Ek sal nie eers se wat ek in die Amerikaanse nuus gelees het vanoggend nie want hulle sal seker my kommentaar dan nie plaas nie.

wicus ·

JOH JOH JOH GLO NIE DENNIS DE MENACE WAS AL SO STOOUT DAT SY OUERS HOM SO WOU STRAF NIE , EK HOOP HULLE GOOI DIE SLEUTEL WEG

Recce ·

Het julle niks beter om aan te dink as om bekomerd te wees wat in Ander mense se huise en lande aan gani. Julle eie land wat julle in bly is frot. Hoop net nooit ek let n oorlog saam julle veg ni.

Spook ·

Baie waar, maar ek moet byvoeg dat ek oortuig is dat die mensdom, wereldwyd, sielsiek is. Ek vrees vir my kinders daagliks.

Estelle ·

Waarom moet party mense altyd vra watter ras is dit? Wat het ras hiermee te doen. Ons almal is mense . Die feit bly staan …Jy doen nie so iets aan geen mens of dier nie. Dit is goed dat die kinders weggeneem is van die ma want as sy haar kinders in n kattebak toesluit wat doen sy nie met hul wanneer sy by die huis is.

t ·

Baie eenvoudig, as daar nie ras by betrokke is nie, het hulle niks om oor gal te braak nie…

anton ·

Ek dink daar is niks mee verkeerd om te vra wat die ras is in n berig nie want amper nooit word die ras vermeld in S.A nie behalwe as dit n wit persoon is wat moontelik iets verkeerd gedoen het nie!!!

Francie ·

Kom ons is nou maar eerlik: het ons nie maar op een of ander dag gewens ons kan dit met ons woelige kleuters doen nie?
LW Hierdie is ‘n tong-in-die- kies opmerking.

Gladniesnaaks ·

Ek wonder as dit met kinders wat jy ken gebeur het, of jy ook so tong in die kies opmerking sou maak. Gaan kyk in die spieel dan maak jy n tong in die kies opmerking, want jy is baie meer lagwekkend as hierdie skokkende berig.

Paul ·

Was dit ‘n 1977 Toyota Celica GT soos in die foto? Want as dit was, sou die kinders uit die kattebak kon uitkom, aangesien dit ‘n “hatchback” is met ‘n oop spasie tussen die kattebak en die passasierskompartement.

vintage queen ·

Ai dit is so hartseer. Ek weet van baie mense wat bitter graag sou wou kinders hê, maar dit is vir hul nie beskore nie en hulle sou die kinders waardeer en goed behandel…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.